FBI­di­rek­teur glo ‘on­ge­hoor­saam’

Wei­er om ge­tui­e­nis be­kend te maak

Beeld - - Wêreld-­Beeld -

Pres. Do­nald Trump van die VSA is al lank wre­wel­rig oor die FBI-hoof Ja­mes Co­mey, maar die drup­pel wat die em­mer laat oor­loop het en tot Co­mey se af­dan­king ge­lei het, was dat hy nie aan die Wit­huis wou sê wat hy in sy ge­tui­e­nis voor ’n se­naatsko­mi­tee gaan sê nie.

Trump, Jeff Ses­si­ons, mi­nis­ter van jus­ti­sie, en Rod Ro­sen­stein, ad- junk­mi­nis­ter van jus­ti- sie, wou weet wat

Co­mey op 3 Mei sou sê oor sy han­te­ring van die on­der­soek na die pri­va­te e-pos­be­die­ner van Hil­la­ry C­lin­ton, Trump se De­mo­kra­tie­se teen­stan­der in ver­le­de jaar se pre­si­dents­ver­kie­sing.

Toe Co­mey wei­er, het Trump, Ses­si­ons en Ro­sen­stein dit as on­ge­hoor­saam­heid be­stem­pel.

Dit word as ’n hof­lik­heids­ge­baar be­stem­pel om die in­houd van sul­ke ge­tui­e­nis voor­af aan se­ni­ors be­skik­baar te stel.

Co­mey het in sy ge­tui­e­nis voor die se­naat se jus­ti­sie­ko­mi­tee ge­sê dit het hom “naar” ge­maak om te dink dat sy be­sluit om die on­der­soek na C­lin­ton te her­o­pen dalk ’n uit­wer­king op die pre­si­dents­ver­kie­sing kon ge­had het.

Co­mey se on­ver­wag­se af­dan­king het Washing­ton ge­skok. Dit het die om­stre­den­heid oor Trump se be­weer­de ver­bin­te­nis met Rus­land laat ver­diep.

De­mo­kra­te het Trump, ’n Re­pu­bli­kein, daar­van be­skul­dig dat Co­mey se af­dan­king ’n po­ging is om die FBI se on­der­soek na Rus­land se be­weer­de po­gings om in die pre­si­dents­ver­kie­sing ver­le­de jaar in te meng, te on­der­myn.

Die Trump-ad­mi­nis­tra­sie voer aan Co­mey is af­ge­dank weens sy han­te­ring van die C­lin­ton-on­der­soek. Voor­dat hy Co­mey af­ge­dank het, het Trump o­pen­lik sy frus­tra­sie uit­ge­spreek oor die FBI en die kon­gres se on­der­soe­ke na Rus­land.

’n Voor­ma­li­ge Trump-raad­ge­wer sê Trump is ook ont­stig om­dat Co­mey nooit in die o­pen­baar Trump van blaam ont­hef het in die FBI se on­der­soek na kon­tak tus­sen Ser­gei Kis­li­ak, Rus­sie­se am­bas­sa­deur, en die Trump­veld­tog se raad­ge­wers ver­le­de jaar nie. Vol­gens die voor­ma­li­ge

raad­ge­wer het Co­mey se ge­tui­e­nis oor C­lin­ton se e-pos­se moont­lik Trump se ge­voel ver­sterk dat Co­mey “teen hom” is.

“Co­mey was spyt oor wat hy

aan C­lin­ton ge­doen het, maar nie oor wat hy aan Trump (oor die on­der­soek na Rus­land) ge­doen het nie.”

C­lin­ton sê Co­mey se be­sluit

om die her­nu­de on­der­soek net ’n paar dae voor die ver­kie­sing aan te kon­dig moont­lik ’n groot oor­saak was van haar ne­der­laag.

Fo­to: AP

Ja­mes Co­mey

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.