Nu­we lei­er pro­beer die span­ning ver­lig

Beeld - - Wêreld-­Beeld -

Suid-Ko­rea se nu­we pre­si­dent het gis­ter met in­ter­na­si­o­na­le po­gings be­gin om die span­ning oor Noord-Ko­rea se wa­pen­ont­wik­ke­lings te ver­lig.

Hy het so­wel di­a­loog as sank­sies be­pleit, ter­wyl hy C­hi­na ook pro­beer paai het oor ’n A­me­ri­kaan­se teen­mis­siel­stel­sel.

Moon Jae-in, ’n li­be­ra­le voor­ma­li­ge men­se­reg­te­pro­ku­reur, is eer­gis­ter in­ge­hul­dig en het in sy eer­ste toe­spraak as pre­si­dent ge­sê hy sal die span­ning oor ’n moont­li­ke oor­log in die Ko­re­aan­se s­kier­ei­land da­de­lik pak.

Moon het gis­ter met pres. Xi Jin­ping van C­hi­na ge­praat en la­ter ook met S­hin­zo Abe, Ja­pan­se pre­mier, hoof­saak­lik oor wat om te doen be­tref­fen­de Noord-Ko­rea se kern- en bal­lis­tie­se­mis­siel­pro­gram.

Moon het ’n meer ver­soe­nen­de hou­ding oor Noord-Ko­rea as sy kon­ser­wa­tie­we voor­gan­gers in­ge­neem en staan di­a­loog voor.

Ken­ners meen al maan­de lank dat Noord-Ko­rea ge­reed maak vir sy ses­de kern­toets en be­sig is om ’n mis­siel met ’n kern­plof­kop te ont­wik­kel wat die VSA sal kan be­reik.

Ja­pan is be­kom­merd dat Moon ’n on­ver­set­li­ke hou­ding kan in­neem weens ge­skil­le wat spruit uit die Ja­pan­se ko­lo­ni­se­ring van die Ko­re­aan­se s­kier­ei­land van 1910 tot 1945 en dat die ban­de tus­sen hul­le kan ver­swak ter­wyl sa­me­wer­king oor Noord-Ko­rea ui­ters be­lang­rik is.

Hoe­wel Suid-Ko­rea, C­hi­na en Ja­pan be­kom­merd is oor Noord-Ko­rea, is die be­trek­kin­ge tus­sen Suid-Ko­rea en C­hi­na ge­span­ne weens SuidKo­rea se be­sluit om ’n A­me­ri­kaan­se teen­mis­siel­stel­sel as be­sker­ming teen die Noor­de te in­stal­leer.

C­hi­na sê dié stel­sel be­dreig sy vei­lig­heid om­dat die ra­dar waar­ne­mings diep in sy ge­bied kan doen en die be­drei­ging van Noord-Ko­re­aan­se kern- en mis­siel­pro­gram­me nie juis ver­min­der nie.

Suid-Ko­rea en die VSA het die teen­mis­siel­stel­sel in Maart van­jaar ge­ïn­stal­leer.

Pres. Moon Jae­in praat met die C­hi­ne­se pre­si­dent. Fo­to: REU­TERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.