Ge­noeg om TV­man sy oë te laat rol...

Beeld - - Wêreld-­Beeld -

Kel­ly­an­ne Con­way, raad­ge­wer van pres. Do­nald Trump, wou Dins­dag aan An­der­son Cooper op CNN ver­dui­de­lik waar­om Ja­mes Co­mey, FBI­di­rek­teur, af­ge­dank is.

Co­mey was aan die hoof van ’n on­der­soek na Rus­land se rol in die Trump­ver­kie­sings­veld­tog.

Die Trump­ad­mi­nis­tra­sie voer aan die af­dan­king is weens die han­te­ring van die on­der­soek na Hil­la­ry C­lin­ton se pri­va­te e­pos­be­die­ner – ’n on­der­soek wat Trump self ge­loof het. Cooper se vraag was: Waar­om sou Trump Co­mey af­dank weens C­lin­ton na­dat Trump des­tyds so­veel lof ge­had het daar­voor? “Die Wit­huis sê wat hy ge­doen het, is ver­keerd, maar voor­heen, toe Do­nald Trump ’n kan­di­daat was, het hy ge­sê dit is ’n goeie ding?” het Cooper ge­sê.

Con­way se ant­woord het Cooper sy oë laat rol.

“Jy voeg twee goed by­me­kaar wat nie saam hoort nie. Dan­kie vir die her­in­ne­rin­ge, ek was ver­le­de jaar op jou pro­gram om te sê ons gaan Mi­chi­gan wen en hoe ons dit gaan doen . . . Dit maak heel­te­mal sin, want hy het ver­troue in die FBI­di­rek­teur ver­loor,” het Con­way ge­sê. – U­proxx

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.