Wen kaart­jies vir ‘Dop’ vol­gen­de week

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man

Twee le­sers kan elk twee kaart­jies vir ’n ver­to­ning van die to­neel­stuk Dop deur Re­tief S­choltz wen.

Dop word van Maan­dag 15 Mei in die At­ter­bu­ry­te­a­ter in P­re­to­ria op­ge­voer en van Don­der­dag tot Son­dag in die PopArt-te­a­ter in Ma­bo­neng, Jo­han­nes­burg.

Die kaart­jies kan vir die op­voe­rings Don­der­dag en Vry­dag in Ma­bo­neng ge­wen word.

Om in aan­mer­king daar­voor te kom, stuur e-pos na in­fo@ko­sie.biz.

Dop se re­gie word be­har­tig deur Syl­vai­ne S­tri­ke. Dit is die eer­ste keer dat sy ’n A­fri­kaan­se to­neel­stuk re­gis­seer. Dis S­choltz se eer­ste dra­ma­teks.

An­dré O­den­daal en Wil­helm van der Walt ver­tolk die ka­rak­ters in die sto­rie, wat in ’n kroeg af­speel.

Dit is Frank (O­den­daal) se 56ste ver­jaar­dag en hy sit al­leen in ’n kroeg. Van der Walt ver­tolk die 24-ja­ri­ge kroeg­man, Tim. Hul­le raak aan die praat.

Frank is op skrik­kel­dag ge­bo­re en el­ke vier jaar word dié dag vir hom baie be­lang­rik, nie net om­dat dit sy ver­jaar­dag is nie, maar ook om ’n an­der re­de wat iets met sy kin­der­dae te doen het. In die teks word op die ver­skil­len­de be­te­ke­nis­se van die woord “dop” ge­sin­speel. Die stuk duur 80 mi­nu­te en het ’n ou­der­doms­perk van 13.

Die op­voe­ring in die At­ter­bu­ry­te­a­ter be­gin Maan­dag 20:00. Die op­voe­rings in die PopArt-te­a­ter is van Don­der­dag tot Sa­ter­dag om 20:00 en Son­dag om 15:30.

Mar­cel Mey­er as Ham­let.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.