Son­ne­kus leer ken in ‘Seun’ sy oor­le­de pa

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man

Neil Son­ne­kus het met sy de­buutro­man, Seun (Son in En­gels, Ja­ca­na Me­dia), hom­self in fik­sie ge­skryf.

Die hoof­ka­rak­ter se naam is Len Be­zui­den­hout, nes dié van Son­ne­kus se ou­pa aan moe­ders­kant.

Raak­pun­te en ver­skil­le bied hier­die boek ge­wis. Len is ’n en­kel­kind, ge­skei en kin­der­loos, ter­wyl Son­ne­kus die jong­ste van drie kin­ders, ge­troud en ’n pa van twee is.

“Ek wou my­self en hom in­te­res­san­ter maak. Die da­tum van my pa se moord – 13 No­vem­ber 2007 – is on­ver­an­derd. Dis ook die dag waar­op Len se pa in Cen­tu­ri­on ver­moor word. Ons weet nie wat al­les daar ge­beur het nie. Die moor­de­naar is nog nooit ge­vind nie. Die saak is ook nog nie ge­sluit nie.”

Seun dui op die by­naam wat Len se pa se vrou en sus­ters hom ge­noem het.

Die boek han­del groot­liks oor dié pa-en-seun-ver­hou­ding. “Ek dink die boek is ’n pro­ses van ’n ou wat moet groot­word. Len is nie ’n baie po­si­tie­we mens nie, maar hy gaan be­soek sy pa ge­reeld om­dat hy sy oor­le­de ma be­lo­we het dat hy dit sal doen.”

Son­ne­kus voel hy kon met die skryf van die boek werk­lik sy pa leer ken, met hom praat, hoe­wel in die i­ro­nie­se sin, om­dat hy nie meer daar is nie.

“Ná die tyd . . . dit was vir my ’n ple­sier om dit te skryf. Tot­dat ek by die laas­te deel ge­kom het.

“Met el­ke her­skryf van daai hoof­stuk . . . dit was pyn­lik. Ek moes vir die ou­kê­rel tot­siens sê. Op ’n ma­nier wou ek nie die boek klaar­maak nie, want as ek dit klaar­maak en laat gaan, moet ek my pa ook laat gaan. Dan is dit ver­by.”

Len werk as sub by die Dai­ly News. Hy het ook twee ver­hou­dings – een met ’n vrou so­wat 15 jaar jon­ger en een met ’n vrou on­ge­veer 15 jaar ou­er.

Len het ook ’n ob­ses­sie met die pros­ti­tuut Rut.

“Rut be­te­ken ‘vrien­de­lik teen­oor an­der na­sies’. Ek het daar­die naam, soos baie van die na­me, ’n paar keer ver­an­der. Rut is die eint­li­ke slag­of­fer van al­les wat ver­keerd is met Suid-A­fri­ka, en waar­skyn­lik A­fri­ka.

“Ek wou ook in die boek oor seks praat, want men­se praat nie daar­oor nie.”

Hy het Son eer­ste ge­skryf. Dit was vir hom veel mak­li­ker om die En­gel­se weer­ga­we te skryf.

Tog wil hy, waar hy in Auck­land, Nieu-See­land, woon, ’n boek in sy oor­spronk­li­ke A­fri­kaans lees. Hy noem on­der meer Huil­boek deur Ryk Hat­tingh. “Ek sal dit nie in En­gels wil lees as ek dit in A­fri­kaans kan lees nie. Die­self­de met ie­mand soos Ka­rel S­choe­man.”

Die dag voor ons ge­sprek het die eer­ste nuus oor S­choe­man se af­ster­we be­kend ge­word.

“Ek het hom een keer ont­moet. Dit was in Tim Huis­a­men se huis.” Huis­a­men het vir Son­ne­kus aan die R­ho­des-U­ni­ver­si­teit in Gra­ham­stad klas ge­gee.

“Ek het hom ge­vra vir die rol­prent­reg­te van Na die ge­lief­de land. Toe sê hy ‘dis reg, gee my R30 000’. Sy werk is so goed. Hier­die e­ga­li­ge, e­le­gan­te sin­ne. En iets soos ’n An­der land . . . Wat ’n boek!”

An­dré P. B­rink was ’n an­der re­de waar­om hy R­ho­des toe is. B­rink het he­laas net vir hom twee le­sings ge­gee voor­dat B­rink by die u­ni­ver­si­teit weg is.

Son­ne­kus het ook in ’n to­neel­stuk ge­speel waar­van B­rink die re­gis­seur was. “Ek dink dit was om­dat ek A­fri­kaans kon praat.”

In Gra­ham­stad het hy joer­na­lis­tiek en dra­ma ge­doen.

Hy het ’n draai­boek­skry­wer ge­word, maar vol­gens hom het hy nê­rens ge­kom nie. “Ek be­skou my­self nou as ’n ro­man­skry­wer. Die vol­gen­de boek gaan oor my ma han­del. Ui­ter­aard be­vat my boek baie di­a­loog en ek dink dit is ver­film­baar.”

Hy werk in A­fri­kaans en En­gels. Dié twee­ta­lig­heid het hy aan sy ou­ers te dan­ke. Hul­le het met hom En­gels ge­praat, maar hy is na ’n A­fri­kaan­se skool.

Hy is ge­bo­re in P­re­to­ria en het in Lyt­tel­ton groot­ge­word.

Ná u­ni­ver­si­teit het hy in Jo­han­nes­burg gaan woon.

“Ek dink nog re­des waar­om ek R­ho­des toe is, was om­dat ek uit Lyt­tel­ton wou weg­kom en die joer­na­lis­tiek­kur­sus was daar.

“Ek het hier­die Er­nest He­ming­way-fan­ta­sieë ge­had. Daar was ook ’n rol­prent, The Front Pa­ge, wat my in joer­na­lis­tiek laat be­lang­stel het. Jack Lem­mon en Wal­ter Matt­hau het daar­in ge­speel. Dit is glo nie ’n goeie fliek nie, maar ek is mal daar­oor.”

Die Son­ne­kus-ge­sin het in 2010 ver­trek, maar het in 2007 al hier­op be­sluit. ’n Week vóór sy pa se moord het hul­le aan­soek ge­doen om ver­blyf in Nieu-See­land.

Son­ne­kus bly op hoog­te van Suid-A­fri­ka en wil hê dit moet goed gaan hier. “Ek volg wat hier aan­gaan, am­per met ’n ob­ses­sie­we be­lang­stel­ling. Ek kan nie heel­te­mal re­la­te met daai kant nie.” Tog woon hy daar.

“Jy weet, om ’n land te ver­laat . . . Daar’s baie an­der goed. Dis nooit een­vou­dig nie. My pa se moord is nie so een­vou­dig nie. Dis nie net een en­ke­le ding nie. Dis nie wat dit laat ge­beur het nie. Hy het my aan­ge­raai om te waai.

“Kyk, daar is ook net baie prak­tie­se en re­a­lis­tie­se re­des. Ek het jong kin­ders ge­had. Hul­le is ge­bo­re in die tyd van Man­de­la. My kin­ders het ge­noeg van A­fri­ka ge­voel.

“Hul­le voel nog sterk oor SuidA­fri­ka. Hul­le het baie goeie her­in­ne­rin­ge, maar hul­le flo­reer waar hul­le nou is.”

El­ke her­skryf van daai hoof­stuk . . . dit was pyn­lik.

— NEIL SON­NE­KUS

Seun, die A­fri­kaan­se weer­ga­we van Neil Son­ne­kus se de­buutro­man.

Neil Son­ne­kus, skry­wer van Son en

Seun, wat in 2010 na Nieu­See­land ver­huis het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.