Bran­den­de kers is be­lof­te dat be­ter dae kom

Beeld - - Kommentaar -

Dit is nie ’n ge­bruik waar­mee ek groot­ge­word het nie, maar el­ke keer wan­neer dit nou met my el­len­dig gaan, laat brand ek ’n kers om die don­ker­te te pro­beer ver­dryf.

Meest­al is dit net ek en die kers; ’n ef­fen­se flik­ke­ring van hoop, ’n be­lof­te dat be­ter dae op pad is.

On­langs, toe my 90-ja­ri­ge ou­ma Bol­la na die lig ver­huis het, het ek drie dae lank ’n kers laat brand om haar na­ge­dag­te­nis te eer. Hier waar ek in Jo­han­nes­burg woon en werk – so ver van my kom­van­daan­wê­reld – was dit ál wat ek kon doen tot­dat ek saam met die res van die fa­mi­lie in die Ce­der­ber­ge kon uit­kom waar ons haar on­der die rooi­sand toe­ge­spit het.

Eint­lik was dit heel ge­pas, want sy was self ’n hel­der lig in die oom­blik­ke wan­neer baie van ons moe­de­loos was. Op­ge­suk­kel. S­ter­wens­moeg. Maar nooit my lief­ste Ou­mie nie.

Sy het al­tyd vo­ren­toe ge­beur, en van­dag is sy so­veel meer as net die ge­dul­di­ge flik­ke­ring van ’n kers. Sy is die hel­der mô­re­ster wat ge­trou oor ons waak, by­na on­ge­sien saam met al die an­der ge­lief­des in die ster­re­he­mel wat ons reeds moes groet.

Gis­ter ge­bruik ek die laas­te vuur­hout­jie in my kom­buis­laai om ’n kers aan die brand te steek vir die de­le van ons mooie land wat al ’n paar dae lank in lig­te laaie is.

Ek laat brand die kers ook vir die men­se in I­ter­e­leng, na­by Lau­di­um in P­re­to­ria, wat ’n mos­kee aan­ge­val het om­dat hul­le wa­ter en lig­te eis.

En vir die men­se van El­do­ra­do­park, in die sui­de van Jo­han­nes­burg, wat soos so­veel an­der in dié ge­wes­te (on­der meer in Ennerdale, K­lip­town en Fi­ne­town) met rub­ber­koe­ëls deur die po­li­sie uit­me­kaar­ge­jaag is.

En vir die vrees­be­van­ge men­se van Co­li­gny in Noord­wes wat let­ter­lik dae laas ’n oog toe­ge­maak het na­dat on­rus daar op on­ge­ken­de vlak­ke hand­uit ge­ruk het.

Ek laat brand ’n kers vir die men­se van Ti­a­ra­weg in El­sies­ri­vier – net ’n klip­gooi van waar ek groot­ge­word het – waar nie min­der nie as 13 men­se en­ke­le dae ge­le­de op een dag in die­self­de straat ge­skiet is. Drie het in die koe­ël­re­ën om­ge­kom. Dit was net nóg ’n dag, nóg ’n ben­de­koe­ël. En nie­mand is ooit reg­tig se­ker wie se naam op die vol­gen­de koe­ël op die Kaap­se Vlak­te ge­skry­we staan nie.

Die ker­se wat ek laat brand, is nie ’n won­der­kuur nie. Trou­ens, in die gro­ter ske­ma be­te­ken dit stel­lig net mooi bog­ge­rol om­dat dit nie ’n pleis­ter is wat e­nig­iets ge­sond kan dok­ter nie. Dit kan ook nie die ge­weld, on­rus en bloed­ver­gie­ting in ons land stop­sit nie.

Maar hier, in my klei­ne hoe­kie, is die kers ’n sim­bool van v­re­de, ’n woor­de­lo­se ge­bed wat ek el­ke dag ge­trou op­sê so­dat dit as­se­blief tog die een of an­der tyd met ons al­mal be­ter sal gaan.

Want ons ver­dien be­ter . . . Ons ver­dien nie die bit­ter be­ker nie. Ons moet by die lig in die don­ker ton­nel uit­kom.

■ P­ri­ce kan op Twitter by @i­vor­pri­ce ge­volg word.

Maar hier, in my klei­ne hoe­kie, is die kers ’n sim­bool van v­re­de, ’n woor­de­lo­se ge­bed . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.