Dr. Mul­der mag na­mens my praat

Beeld - - Kommentaar -

BJ van der Walt, P­re­to­ria Graag re­a­geer ek op Jo­han de Vil­liers se brief oor dr. Pie­ter Mul­der se so­ge­naam­de “wan­voor­stel­lings en uit­spra­ke” by Un­po (Or­ga­ni­sa­sie van On­ver­teen­woor­dig­de Na­sies en Vol­ke­re) en sy ver­wy­sing na die af­sku­we­li­ke en be­smet­te ge­skie­de­nis van die A­fri­ka­ner.

Dr. Mul­der, jy mag maar na­mens my as A­fri­ka­ner praat.

De Vil­liers se uit­la­tings is ver­werp­lik in die lig daar­van dat hy ’n klein, on­be­ken­de en niks­seg­gen­de or­ga­ni­sa­sie (A­fri­canEu­ro­pe­an In­da­ba) wat in Ne­der­land ge­ves­tig is, ver­teen­woor­dig.

Hy stem saam dat se­ke­re kwes­sies in Suid-A­fri­ka op in­ter­na­si­o­na­le ver­hoë aan­dag moet kry.

Ons in Suid-A­fri­ka is on­be­wus van wat­ter kwes­sies hul­le wel op sul­ke ver­hoë be­spreek. Dit sal my nie ver­baas nie as dit slegs be­trek­king het op mis­lei­den­de aan­val­le op A­fri­ka­ners.

Ten slot­te sal ek ook graag van De Vil­liers wil ver­neem in wat­ter ma­te sy or­ga­ni­sa­sie die op­koms van ver­reg­se po­li­tie­ke par­tye en Ne­der­land­se kie­sers se on­der­steu­ning daar­van teen­staan.

Ver­werp sy or­ga­ni­sa­sie ook die teen­stand teen Mos­le­m­im­mi­gran­te en hul kul­tu­re­le waar­des in Ne­der­land?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.