Wê­reld­be­ker­lo­ting vir 2019 guns­tig om S­pring­bok­ke in eind­stryd te kry

Beeld - - Kommentaar -

Pie­ter O­ber­hol­zer, P­re­to­ria Ek ver­staan nie die swart­gal­lig­heid oor die Bok­ke se lo­ting vir die Wê­reld­be­ker-rug­by­toer­nooi in 2019 nie. Die 2019-lo­ting maak dit vir die Bok­ke mak­li­ker om die eind­stryd te haal as in 2015.

In 2015 het al­mal ge­weet die eind­stryd sal in die half­eind­stryd tus­sen Suid-A­fri­ka en Nieu-See­land ge­speel word en dat die wen­ner van daar­die wed­stryd ook die toer­nooi sal wen.

In 2019 sal die All Blacks en En­ge­land die sterk­ste aan­spraak­ma­kers wees. Al­les dui daar­op dat hul­le in die half­eind­stryd teen me­kaar gaan speel as al­les vol­gens plan ver­loop. Al ver­loor die Bok­ke in die groep­fa­se teen Nieu-See­land, sal ons tot die uit­klop­ron­des deur­dring. Dit sal I­ta­lië 20 jaar meer kos om weer ’n wed­stryd teen die Bok­ke te wen.

As die Bok­ke twee­de in hul groep ein­dig, speel hul­le waar­skyn­lik in die kwart­eind teen die Ie­re. Ons kan hul­le klop. Ons het dit in 2016, in die don­ker­ste ja­re, reg­ge­kry. As ons al die oor­se­se spe­lers kan kies, sal ons dit in die Wê­reld­be­ker­toer­nooi weer reg­kry. In die half­eind­stryd wag Aus­tra­lië of Wal­lis. Dit nie ’n on­oor­ko­me­li­ke hek­kie is nie. In die an­der half­eind­ron­de sal die All Blacks en En­ge­land sa­ke uit­spook, en dan sal die Bok­ke dalk in die eind­stryd ver­ras.

My voor­spel­ling vir 2019 is dat die Bok­ke die eind­stryd sal haal, want die lo­ting is guns­tig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.