Boe­re moet hul stra­te­gie aan­pas, maan land­bou­e­ko­noom

Beeld - - Middelblad - Vi­da Booy­sen

Hoe­wel ’n reu­se-oes vir so­mer­gra­ne ver­wag word en speen­kal­wers re­kord­pry­se be­haal, is boe­re se fi­nan­si­ë­le voor­uit­sig­te nie roos­kleu­rig nie.

Die lae mie­lie­prys en ver­brui­kers wat weer­stand bied teen duur­der vleis be­te­ken daar is steeds min kon­tant om ná die droog­te op die been te kom.

Op ’n slyp­skool in Bloem­fon­tein oor mark­voor­uit­sig­te in die land­bou het die land­bou­e­ko­noom prof. Jo­han Wil­lem­se ge­waar­sku dat dié draai­punt in die land­bou­si­klus be­te­ken dat boe­re hul stra­te­gie moet aan­pas.

“Die re­kord-so­mer­graan­oes gee die plat­te­land­se e­ko­no­mie ’n brood­no­di­ge hup­stoot, maar ter­self­der­tyd be­gin ban­ke kre­diet­kra­ne toe­draai en boe­re moet hul kon­tant­vloei ver­sig­tig be­stuur so­dat hul­le in Au­gus­tus weer pro­duk­sie­kre­diet kan kry.”

Vol­gens die jong­ste oes­skat­ting van die Na­si­o­na­le Oes­skat­tings­ko­mi­tee (NOK) aan die ein­de van A­pril word ’n mie­lie­oes van 14,5 mil­joen ton mie­lies ver­wag.

Hier­van is 8,6 mil­joen wit­mie­lies en 5,9 mil­joen ton geel­mie­lies. Maar met ’n mie­lie­prys op ’n ge­mid­del­de vlak van

R2 000 per ton is dit vir boe­re moei­lik om hul in­set­kos­te te ver­haal en wins­ge­wend te wees. Dit is aan­sien­lik la­er as die re­kord­vlak­ke van R5 000 per ton aan die be­gin van 2016 toe die droog­te op sy hoog­te­punt was en min boe­re mie­lies kon plant.

Wil­lem­se het ge­waar­sku dat boe­re nie hul oes moet te­rug­hou in die hoop dat die rand gaan ver­swak en die Sa­fex-mie­lie­prys dien­oor­een­koms­tig ver­sterk nie.

“Dit lyk nie of die rand op pad is na die vlak van R20 teen­oor die dol­lar nie ten­sy pres. Ja­cob Zu­ma iets baie dom sou

aan­vang.”

Wil­lem­se ver­wag eer­der dat die rand “in ’n ster­ker­wor­den­de ka­naal” sal bly be­weeg en sê in­ter­na­si­o­na­le fak­to­re dwing die geld­een­heid ho­ër.

Die rand het die af­ge­lo­pe ruk voor­deel ge­trek uit die dol­lar se

da­ling en ’n groei­en­de ap­tyt on­der in­ter­na­si­o­na­le be­leg­gers vir ont­lui­ken­de mark­te se geld­een­he­de.

Die kans is ook goed dat die Re­ser­we­bank la­ter van­jaar die ren­te­koers met ’n hal­we per­sen­ta­sie­punt kan ver­hoog om

die rand te on­der­steun en bui­te­land­se in­ves­te­ring aan te moe­dig, sê hy.

In­fla­sie sal na ver­wag­ting ook toe­neem in die twee­de helf­te van die jaar, ver­al in­fla­sie wat nie voed­sel­ver­want is nie.

Die af­ge­lo­pe paar jaar se la­er ren­te­koer­se het be­te­ken dat land­bou­skuld skerp toe­ge­neem het soos wat boe­re geld teen hul ba­tes ge­leen het.

“Dit sal nou be­gin sta­bi­li­seer soos ban­ke hand­rem op­trek.”

Die la­er graan­pry­se skep weer ’n guns­ti­ger sce­na­rio vir vleis­pro­du­sen­te wat die af­ge­lo­pe paar jaar weens droog­te en hoë voer­pry­se ge­knou is.

Maar, waar­sku Wil­lem­se, hoe­wel daar van­jaar heel­wat min­der bees­te ge­slag word en speen­kalf­pry­se op re­kord­vlak­ke is, is daar ver­brui­kers­weer­stand teen hoë vleis­pry­se.

“Ver­brui­kers trek swaar en is nie be­reid om ’n prys van R125 per ki­lo­gram vir bief­stuk te be­taal nie.”

Wan­neer bees- en skaap­vleis­pry­se duur raak, koop ver­brui­kers vark of hoen­der, en dit blyk ook van­jaar die ge­val te wees.

Tog is hier­die pry­se ook van­jaar ho­ër en skep dit nu­we on­se­ker­he­de in die mark.

“Die e­ko­no­mie bly op ’n lae groei­vlak en re­la­tief lae groei in ver­brui­kers­be­ste­ding kan ver­wag word.

Die ant­woord vir boe­re se di­lem­ma met lae pro­duk­pry­se is om hul in­set­te só te be­stuur dat hul­le wins­ge­wend­heid en vol­hou­baar­heid kry, het Wil­lem Ei­gen­huis, a­gro­noom van A­gri Techno­va­ti­on en gas­spre­ker op die slyp­skool, ge­sê.

Dié on­der­ne­ming ge­bruik die nuut­ste teg­no­lo­gie om pre­si­sie­boer­de­ry toe te pas. Dit be­hels dat ’n baie nou­keu­ri­ge ont­le­ding van die land­bou­grond se vrug­baar­heids­vlak­ke ge­doen word so­dat nie te veel of te min be­mes­ting toe­ge­dien word nie.

“Va­ri­a­sie in lan­de­rye se grond­ge­hal­te is die groot­ste uit­da­ging in Suid-A­fri­ka en A­fri­ka – meer so as in A­me­ri­ka,” sê Ei­gen­huis.

“Ons moet dit kan meet en be­stuur, want dis waar on­be­nut­te ge­leent­he­de sit om geld te maak.”

Prof. Jo­han Wil­lem­se, land­bou­e­ko­noom, Carl van Heer­den, se­ni­or a­gro­noom by A­gri Techno­va­ti­on, Wil­lem Ei­gen­huis, a­gro­noom en tuin­bou­kun­di­ge van A­gri Techno­va­ti­on, en Wil­lem de Ja­ger, streek­be­stuur­der van Ned­bank se land­bou­bank­diens­te. Fo­to: VI­DA BOOY­SEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.