Af­dan­king van Pra­vin Gord­han ‘be­gin sy tol eis’

Beeld - - Middelblad - Nel­lie Brand­Jon­ker Bloom­berg

Die der­de mis­luk­te ef­fek­te­vei­ling van Trans­net van­dees­week is as ’n te­ken van ’n erns­ti­ge af­we­sig­heid van ver­troue deur be­leg­gers be­skryf.

Kom­mer neem toe dat die af­dan­king van Pra­vin Gord­han as mi­nis­ter van fi­nan­sies ein­de Maart en die af­gra­de­ring van Suid-A­fri­ka be­gin A­pril sy tol be­gin eis in die ef­fek­te­mark waar staats­on­der­ne­mings hul skuld­brie­we uit­reik.

Trans­net het Maan­dag vir die der­de keer die af­ge­lo­pe maand on­suk­ses­vol pro­beer om ge­noeg geld van be­leg­gers in te sa­mel.

“As die sen­tra­le re­ge­ring te­kens van stres toon, suk­kel die staatsmaat­skap­pye om fi­nan­sie­ring in die ef­fek­te­mark te kry,” sê Na­z­meera Moola, me­de­hoof van vas­te in­kom­ste by In­ves­tec Ba­te­be­stuur.

“Daar is geen vraag van be­leg­gers vir hul ef­fek­te nie.”

Moola het ge­sê se­dert die be­gin van A­pril het Trans­net drie vei­lings in ’n ry ge­had waar hul­le nie daar­in kon slaag om die ver­lang­de be­drag in te sa­mel nie.

Vol­gens haar het Trans­net net daar­in ge­slaag om R10 mil­joen in die twee­de week van A­pril, R25 mil­joen in die laas­te week van A­pril en R10 mil­joen van­dees­week uit te reik.

Vir die laas­te vei­ling wou Trans­net R200 mil­joen in­sa­mel en het aan­bie­dings vir

R40 mil­joen ge­kry, maar op die ou end is net R10 mil­joen uit­ge­reik.

“Dit is ver min­der as die R100 mil­joen per vei­ling wat hul­le voor die ka­bi­net­s­kom­me­ling in­ge­sa­mel het,” het sy ge­sê.

Die treu­ri­ge pres­ta­sie van Trans­net in die ef­fek­te­mark volg na­dat Eskom al se­dert vroeg in 2016 suk­kel om ef­fek­te in die mark uit te reik.

Ook San­ral moes ’n be­plan­de vei­ling kan­sel­leer weens die ge­brek aan vraag. Daar­be­ne­wens pro­beer Pe­troSA om vir sa­ke­red­ding aan­soek te doen. Daar is ook be­rig­te dat Pra­sa suk­kel om sa­la­ris­se te be­taal.

Moola het eg­ter ge­sê dié twee ver­wik­ke­lin­ge hou al­bei met swak be­stuur en fi­nan­si­ë­le wan­be­stuur ver­band.

Sy het ge­sê in teen­stel­ling met Trans­net het Bar­lo­wor­ld in die eer­ste week van Mei R580 mil­joen uit­ge­reik ter­wyl daar ’n be­leg­gers­vraag van R1,3 mil­jard was.

D­ri­kus Com­brinck, uit­voe­ren­de hoof van Ca­pi­craft, het ge­sê Trans­net se uit­rei­king het mis­luk. “Dit is die stand van die kre­diet­mark se­dert die af­gra­de­ring.”

Vol­gens hom is die e­nig­ste re­de vir die steeds re­de­li­ke ver­to­ning van die sen­tra­le re­ge­ring se staats­ef­fek­te om­dat bui­te­lan­ders nog baie be­lê.

Dit is as ge­volg van fond­se wat op grond van in­dek­se be­lê en Suid-A­fri­kaan­se staats­ef­fek­te wat nog in die in­dek­se in­ge­sluit is.

“Dit is pas­sie­we fonds­be­stuur en blin­de geld. Ons ef­fek­te­mark lyk ge­sond, want die mark­koer­se op staats­ef­fek­te het af­ge­kom (se­dert die af­gra­de­ring), maar as men­se on­der­lig­gend na die bre­ër mark kyk waar staatsmaat­skap­pye en kor­po­ra­tie­we ef­fek­te uit­ge­reik word, is din­ge nie lek­ker nie.”

“Daar is ’n erns­ti­ge af­we­sig­heid van ver­troue,” het hy ge­sê.

Com­brinck het ge­sê as reu­sein­ter­na­si­o­na­le ef­fek­te­fonds­be­stuur­ders soos Pim­co net 1% van hul to­ta­le por­te­feul­je op grond van die in­deks in Suid-A­fri­ka be­lê, is dit mil­jar­de ran­de. “’n Klein be­sluit deur hul­le het ’n groot im­pak op ons mark.”

het be­rig drie vei­lings is ge­kan­sel­leer ná Fitch se af­gra­de­ring

“Ek ver­moed ons gaan baie meer daar­van sien, ver­al as Eskom en die ste­de geld wil in­sa­mel. Be­leg­gers sien meer ri­si­ko en wil daar­voor ver­goed word met ho­ër ren­te,” het Mi­ke S­chus­sler van e­co­no­mis­ts.co.za ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.