Hof se be­sluit blaas die fiets­wie­le af

Beeld - - Middelblad -

Twee maat­skap­pye wat van sa­me­span­ning in ’n fietskar­tel be­skul­dig is, het ’n blou­tjie in die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof ge­loop.

Om­ni­co en Cool He­at A­gen­cies het dié hof om ver­lof tot ap­pèl ge­na­der na­dat die Me­de­din­gings­ap­pèl­hof ein­de ver­le­de jaar be­slis het selfs as ’n maat­skap­py net sit en luis­ter hoe an­der op ’n ver­ga­de­ring kon­kel, gee hy die an­der re­de om te glo hy stem saam met wat be­spreek word.

Die aan­soek is van die hand ge­wys.

Sip­ho Ng­we­ma, woord­voer­der van die Me­de­din­gings­kom­mis­sie, sê in ’n ver­kla­ring dit be­te­ken die Me­de­din­gings­ap­pèl­hof se be­sluit oor s­til­le of pas­sie­we deel­na­me in ’n sa­me­span­nen­de ver­ga­de­ring is af­dwing­baar.

Die saak spruit uit ’n klag­te wat ge­rui­me tyd ge­le­de on­der­soek is. Vol­gens die Me­de­din­gings­kom­mis­sie het so­wat 20 fiets­han­de­laars in 2008 die Me­de­din­gings­wet oor­tree deur pry­se vas te stel vir die ver­skaf­fing van fiet­se en fiet­stoe­be­ho­re. Daar is be­vind ’n ver­ga­de­ring om oor pry­se oor­een te kom, is op 8 Sep­tem­ber daar­die jaar ge­hou.

Daar het die par­tye in­ge­stem om bru­to mar­ges te ver­hoog en nie meer af­slag te gee of me­kaar met la­er pry­se te troef nie. Groot­han­de­laars sou ook ho­ër aan­be­vo­le klein­han­del­pry­se aan klein­han­de­laars ver­skaf en dié pry­se ad­ver­teer.

’n Klag teen al 20 par­tye is in­ge­vol­ge die Me­de­din­gings­wet in­ge­dien en skik­kings is met 11 klein­han­de­laars en ses groot­han­de­laars be­reik.

Om­ni­co en Cool He­at A­gen­cies het eg­ter voort­ge­gaan om voor die tri­bu­naal te ver­skyn. Hul­le sê hul­le het nie ak­tief deel­ge­neem aan die be­spre­king nie en is nie aan­spreek­lik nie.

Die tri­bu­naal het be­vind hul stil­swye kan as in­stem­ming ver­tolk word. Ad­mi­nis­tra­tie­we boe­tes van R4,6 mil­joen en R4,2 mil­joen is on­der­skei­de­lik aan Om­ni­co en Cool He­at ge­gee.

Hul­le het ap­pèl aan­ge­te­ken. Die Me­de­din­gings­ap­pèl­hof het die tri­bu­naal se be­vin­dings ge­hand­haaf en die twee par­tye is ge­las om die kos­te van die ap­pèl te dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.