‘Ro­bot­taxi’s gaan vraag na eie kar laat af­neem’

Beeld - - Sakenuus -

Die vraag na mo­tors gaan in die vol­gen­de paar de­ka­des aan­hou toe­neem, selfs al gaan “dras­tie­se” ver­an­de­rin­ge in die mo­tor­be­dryf mee­bring dat min­der men­se self ’n mo­tor be­sit, sê Gil­les Nor­mand, hoof van Re­nault se af­de­ling vir e­lek­trie­se mo­tors.

Die koms van self­be­stu­ren­de ro­bot­taxi’s ná 2025, te­sa­me met e­lek­tri­fi­se­ring, slim­reis­toe­pas­sings en die toe­na­me in mo­tor­deel­pro­gram­me, kan die vraag na mo­tors laat ver­lang­saam in ge­vor­der­de e­ko­no­mieë soos die VSA en in Eu­ro­pa, sê hy.

Maar die toe­ne­men­de ver­ko­pe in ont­lui­ken­de mark­te sal ver­goed vir die af­na­me in ry­ker lan­de. In­dië is na­by daar­aan om Duits­land ver­by te steek wat mark­groot­te be­tref, sê Nor­mand.

“Die be­dryf gaan in die vol­gen­de tien jaar meer ver­an­der as in die af­ge­lo­pe eeu. Die mo­bi­li­teit van die toe­koms sal mee­bring dat ons weg­be­weeg van mo­tor­be­sit na die ge­bruik van ’n diens.”

E­lek­trie­se mo­tors word al hoe ge­wil­der en hoe­wel dit steeds net ’n klein deel­tjie van wê­reld­wye mo­tor­ver­ko­pe be­hels, groei die mark­aan­deel vin­nig en gaan dit aan­hou groei na­ma­te die prys van die bat­te­rye voort­du­rend daal.

Saam­ry­diens­te, wat ver­al deur U­ber ge­wild ge­maak is, gaan ver­der uit­brei. Teen 2030 sal so­wat 95% van die ki­lo­me­ters wat in A­me­ri­ka af­ge­lê word deur dié mo­del van ver­voer as diens wees.

Self­be­stu­ren­de e­lek­trie­se mo­tors gaan meer ge­re­de­lik be­skik­baar word, maar sal nie deur in­di­vi­due be­sit word nie. Hul­le sal dit eer­der soos no­dig be­stel, lui ’n ver­slag van die na­vor­sings­fir­ma Re­thin­kX.

Nis­san be­sit 15% van die Fran­se mo­tor­ver­vaar­di­ger Re­nault. Nis­san se Le­af was die e­lek­trie­se mo­tor wat in 2016 die twee­de bes­te ver­koop het.

Re­nault en Nis­san het vroe­ër van­jaar ’n sa­me­wer­kings­oor­een­koms met Trans­dev aan­ge­gaan om e­lek­trie­se en self­be­stu­ren­de mo­tors te ont­wik­kel. Hul­le wil ’n stel­sel ont­wik­kel waar­deur men­se rit­te kan be­spreek en hul­le wil maat­skap­pye help om hul vloot self­be­stu­ren­de mo­tors te be­stuur.

“Jy het die­self­de ge­tal mo­tors no­dig, maar jy het min­der mo­tors in par­keer­ge­bie­de, daar­om kan jy par­keer­ge­bie­de ver­klein, wat be­te­ken daar sal meer vrien­de­li­ke ruim­te in ste­de wees, hoe­wel dit nog lank gaan duur voor­dat dit ge­beur,” sê Nor­mand. – Bloom­berg

Die Nis­san Le­af, wat Nis­san, Mit­subis­hi en Re­nault as ba­sis gaan ge­bruik vir die ver­vaar­di­ging van e­lek­trie­se mo­tors.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.