San­lam ver­groot be­lang in Sa­ham Fi­nan­ces

Beeld - - Sakenuus -

Die fi­nan­si­ë­le­diens­te­reus San­lam het ’n tran­sak­sie be­klink waar­mee hy ’n by­ko­men­de 16,6%-be­lang in Sa­ham Fi­nan­ces koop vir so­wat $329 mil­joen plus tran­sak­sie­kos­te.

Daar is aan al­le voor­waar­des vol­doen, in­slui­tend re­gu­la­to­rie­se goed­keu­ring, om sy be­lang tot 46,6% in Sa­ham Fi­nan­ces op te stoot.

Die tran­sak­sie sluit sy kort­ter­myn­ver­se­ke­rings­fi­li­aal San­tam se by­drae van $7 mil­joen in.

San­lam en San­tam het in Fe­bru­a­rie 2016 reeds ’n 30%-be­lang in Sa­ham Fi­nan­ces ge­koop.

San­lam hou deur

San­lam

E­mer­ging

Mar­kets 85% en San­tam

15% van die be­lang in Sa­ham Fi­nan­ces.

Sa­ham Fi­nan­ces is ’n ver­se­ke­rings­groep wat in

26 lan­de in

Noord-, We­sen Oos-A­fri­ka, as­ook in die Mid­deOos­te werk­saam is. Hy is een van die groot­ste ver­se­ke­raars in A­fri­ka en die mark­lei­er in die mees­te van die lan­de waar­in hy be­dry­wig is, sê San­lam.

Vol­gens San­lam kon hy se­dert die koop van die 30%-be­lang in Sa­ham Fi­nan­ces sy voet­spoor in Frans- en Por­tu­gees­spre­ken­de A­fri­ka­lan­de uit­brei.

Aan­sien­li­ke ge­leent­he­de is gei­den­ti­fi­seer om Sa­ham Fi­nan­ces se le­wens­ver­se­ke­rings­be­dry­wig­he­de met San­lam se steun uit te brei.

Le­wens­ver­se­ke­ring be­dra tans so­wat 15% van Sa­ham Fi­nan­ces se in­kom­ste.

Sa­ham Fi­nan­ces is een van die groot­ste ver­se­ke­raars in A­fri­ka en die mark­lei­er in die mees­te van die lan­de.

San­lam het ’n by­ko­men­de 16,6%be­lang in Sa­ham Fi­nan­ces ge­koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.