Gro­wt­hpoint wys sy staal met kom­pleks

Beeld - - Eiendomme Veilings -

Die ge­no­teer­de Gro­wt­hpoint Pro­per­ties wys sy staal deur ’n pas­ge­maak­te kom­pleks vir staal­ver­vaar­di­ging teen R70 mil­joen vir Max­is­ha­re in Boks­burg aan die Oos-Rand te ont­wik­kel.

Dié nu­we ei­en­dom van 8 400 m², wat 400 m² se kan­to­re en 8 000 m² se pak­huis­ruim­te be­hels, is twee keer so groot soos Max­is­ha­re se hui­di­ge per­seel.

Die kom­pleks, net af van At­las­weg, is in ’n sterk, ge­ves­tig­de ver­vaar­di­gings­ge­bied. Buur­maat­skap­pye sluit in PG Bi­son, Col­ga­te, U­ni­le­ver en Qu­a­li­ty Be­vera­ges.

En­gel­bert Bi­ne­dell, hoof van Gro­wt­hpoint se af­de­ling vir ny­wer­heids­ei­en­dom­me, sê die pro­jek be­hels die to­ta­le her­ont­wik­ke­ling van ’n Gro­wt­hpoint-per­seel.

“Ons het die po­ten­si­aal van die per­seel ge­rui­me tyd ge­le­de ge­ï­den­ti­fi­seer en dit ge­her­ge­so­neer vir die reg­te pro­jek.

“Ons is in die wol­ke om­dat ons die pas­ge­maak­te ei­en­dom kan ont­wik­kel, wat in Max­is­ha­re se spe­si­fie­ke be­dryfs­be­hoef­tes sal voor­sien.”

Max­is­ha­re is hoof­saak­lik ’n ver­sprei­der van in­ge­voer­de en plaas­lik ver­vaar­dig­de ge­sweis­te maas­staal.

Le­on La­bu­schag­ne, Gro­wt­hpoint se ny­wer­heids­ont­wik­ke­lings­be­stuur­der, sê om die pas­ge­maak­te ei­en­dom vir Max­is­ha­re se spe­si­fie­ke ver­eis­tes te ont­wik­kel, het Gro­wt­hpoint per­ma­nen­te hys­kra­ne in die ge­bou se ont­werp ge­ïn­kor­po­reer.

Die kom­pleks het ’n fon­da­sie gro­ter as die nor­ma­le om die swaar ma­sji­ne­rie wat daar­in gaan wees, te dra.

Die ei­en­dom bied Max­is­ha­re die op­sie om son­krag te ge­bruik deur­dat dit ’n ver­sterk­te dak­struk­tuur het vir die ek­stra ge­wig van die son­pa­ne­le.

Die kom­pleks sal in Ju­lie van­jaar vol­tooi word.

Gro­wt­hpoint be­sit en be­stuur ’n di­ver­se por­te­feul­je van 533 ei­en­dom­me, waar­van 473 in Suid-A­fri­ka is en 59 in Aus­tra­lië. Die groep be­sit ook ’n be­lang van 50% in die V&A Wa­ter­front in Kaap­stad en ’n 26,9%-be­lang in Glo­bal­worth Re­al E­sta­te In­ves­t­ment, die groot­ste ei­e­naar van kan­toor­ruim­te in Roe­me­nië.

’n Kuns­te­naars­voor­stel­ling van die nu­we kom­pleks vir staal­ver­vaar­di­ging wat Gro­wt­hpoint teen R70 mil­joen vir Max­is­ha­re in Boks­burg ont­wik­kel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.