A­b­land vol­tooi laas­te ge­bou in A­li­ce La­ne­pro­jek

Beeld - - Eiendomme Veilings -

Die ei­en­doms­ont­wik­ke­laar A­b­land het pas die der­de en laas­te kan­toor­ge­bou van die in­druk­wek­ken­de A­li­ce La­ne-ont­wik­ke­lings­pro­jek in die hart van Sand­ton vol­tooi.

Dié ge­bou is die nu­we tuis­te van die regs­fir­ma Bo­w­mans en die twee­de ge­bou wat A­b­land vir Bo­w­mans ont­wik­kel het.

Dit was oor­spronk­lik ’n dub­bel­ver­die­ping­fi­nan­si­ë­le­diens­te­ge­bou van 11 500 m² met twee kel­der­ver­die­pings. Dit be­slaan nou 70 000 m² en se­we vlak­ke van kel­der­par­ke­ring met staan­plek vir 3 200 voer­tuie.

Die A­li­ce La­ne-ei­en­dom be­hels drie kan­toor­to­rings wat ’n vier­ster­groen­gra­de­ring vir ont­werp deur die Suid-A­fri­kaan­se Raad vir Groen­bou toe­ge­ken is.

Die drie ge­boue word deur ’n sen­tra­le pi­az­za en voet­gan­ger­vrien­de­li­ke o­pen­ba­re ruim­te ver­bind.

Die A­li­ce La­ne-ont­wik­ke­ling be­hoort aan die ge­no­teer­de ei­en­doms­reus Re­de­fi­ne, wat on­langs al die aan­de­le in die ei­en­doms­ont­wik­ke­ling-en-ka­pi­taal­groei­fonds Pi­vo­tal in ’n aan­de­le-ruil­tran­sak­sie ver­kry het.

Dié ver­kry­ging be­hels 32 ei­en­dom­me met ’n waar­de van R10,4 mil­jard, in­slui­tend ont­wik­ke­lings wat op die oom­blik aan die gang is en grond vir toe­koms­ti­ge ont­wik­ke­lings.

Die A­li­ce La­ne­kan­toor­ont­wik­ke­ling in Sand­ton, waar A­b­land on­langs die der­de en laas­te ge­bou vol­tooi het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.