In­ves­te­ring in ei­en­dom­me klim in 2016

Beeld - - Eiendomme Veilings -

On­danks uit­da­gen­de e­ko­no­mie­se om­stan­dig­he­de, geld­een­heid-wis­sel­val­lig­heid en po­li­tie­ke on­se­ker­heid,was in­ves­te­ring in die Suid-A­fri­kaan­se kom­mer­si­ë­le ei­en­doms­mark in 2016 55,2% of R28,8 mil­jard ho­ër as in 2015, blyk uit JLL SSA se nu­we ei­en­dom­s­oor­sig.

Hoe­wel por­te­feul­je­ver­ko­pe, on­der meer aan­ko­pe deur Tra­de­hold, Im­ba­li Pro­per­ties, Del­ta en Men­do, be­dui­dend tot die groei by­ge­dra het, het in­ves­te­ring steeds teen ’n eks­po­nen­si­ë­le 28,0% toe­ge­neem as die Tra­de­hold­tran­sak­sie uit­ge­sluit word, sê JLL SSA.

Zan­di­le Mak­ho­ba, JLL SSA se hoof van na­vor­sing, sê die groei in ei­en­domsin­ves­te­ring in 2016 is die hoog­ste die af­ge­lo­pe vyf jaar. Sy meen dit dui daar­op dat be­leg­gers waar­de in be­staan­de ba­tes sien.

Sy wys daar­op dat die groei in nu­we kom­mer­si­ë­le ont­wik­ke­lings die laas­te paar jaar af­ge­plat het, wat sal help om ’n po­ten­si­ë­le oor­aan­bod te voor­kom, wat huur­groei sal demp.

Be­leg­gers sal eer­der be­staan­de ge­boue op­gra­deer en so waar­de ont­sluit as om nuut te bou, sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.