Woon­stel­ge­boue in Van­der­bijl op­ge­veil

Beeld - - Veilings -

’n Gul­de be­leg­gings­ge­leent­heid wink in Van­der­bijl­park, waar As­set Aucti­ons twee woon­stel­ge­boue met hoë-in­kom­ste-op­brengs­te la­ter in Mei op ’n vei­ling gaan ver­koop.

Dié ei­en­dom­me is i­de­aal ge­skik vir stu­den­te­ver­blyf.

’n By­ko­men­de trek­pleis­ter vir be­leg­gers is dat al­bei die ge­boue klein­han­del­ruim­te op die grond­vloer het.

Al­bei die ei­en­dom­me wat on­der­skei­de­lik in Syd­ney Wa­ter­son- en FW Bey­ers-straat ge­leë is, is na­by aan die Vaal-U­ni­ver­si­teit vir Teg­no­lo­gie (VUT), wat grens aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit se Vaal­drie­hoek-kam­pus.

Vol­gens As­set Aucti­ons be­skik al­bei die ei­en­dom­me oor die fak­to­re wat ’n kern­rol speel in die kun­di­ge be­leg­ger se be­sluit, waar­on­der ’n goeie lig­ging en ’n wins­ge­wen­de op­brengs op be­leg­ging op lang ter­myn.

Die ei­en­dom in Syd­ney Wa­ter­son­straat het vier klein­han­del­ruim­tes op die grond­vloer, 55 een­slaap­ka­mer­een­he­de, 35 twee­slaap­ka­mer­een­he­de, vier drie­slaap­ka­mer­een­he­de, ’n ge­meen­skap­li­ke kom­buis en vier a­blu­sie-ge­rie­we.

Die twee­de ei­en­dom in FW Bey­ers-straat, het drie klein­han­del­ruim­tes,

’n op­sig­ters­woon­stel, 28 een­slaap­ka­mer­een­he­de, 54 twee­slaap­ka­mer­een­he­de en vyf drie­slaap­ka­mer­een­he­de.

As een be­leg­ger al­bei die ei­en­dom­me koop, sal hy ’n huur­in­kom­ste van 137 bed­dens vir die eer­ste ei­en­dom ont­vang en 148 bed­dens vir die twee­de, as­ook die in­kom­ste van die se­we klein­han­del­ruim­tes.

Die vei­ling word op 24 Mei om 11:00 by die Qu­est Con­fe­ren­ce­land­goed op die hoek van Cu­rie­bou­le­vard en Goody­e­ar­straat ge­hou.

Vir meer in­lig­ting ska­kel De­an Bald­win by 083 954 3135 of be­soek as­se­taucti­ons.co.za.

Een van die woon­stel­ge­boue in Van­der­bijl­park wat ge­skik is vir stu­den­te­ver­blyf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.