Be­taal deur nek vir stuk­kie roem

VEI­LINGS Ver­sa­me­laars raap goed op wat aan ster­re be­hoort

Beeld - - Veilings - El­ma Klop­pers

Ver­sa­me­laars raap let­ter­lik e­nig­iets op vei­lings op wat van­te­vo­re aan ’n be­ken­de rol­prent­ster of glans­per­soon be­hoort het, maak nie saak hoe gril­le­rig dit is nie.

Glans­per­soon-me­mo­ra­bi­lia maak dees­dae ’n groot per­sen­ta­sie uit van die mil­joe­ne i­tems wat daag­liks op Bar­ne­bys, die wê­reld se groot­ste soek­en­jin vir kuns en an­tie­ke wa­re, aan­ge­bied word.

Bie­ërs het al oor hul voe­te ge­val om Wil­li­am S­hat­ner se nier­steen, B­rit­ney S­pears se swan­ger­skap­toets, Jus­tin Tim­ber­la­ke se roos­ter­brood, ’n ge­bruik­te snees­doe­kie van S­car­lett Jo­hans­son en ’n tand van John Len­non op vei­lings aan te skaf, sê Bar­ne­bys.

Moei­lik om te glo, maar die voor­ma­li­ge Be­at­le se kies­tand is in 2006 in En­ge­land vir £19 000 op­ge­veil en Jo­hans­son se snees­doe­kie het $5 300 ge­haal.

Die blo­te ge­dag­te dat ’n i­tem in die han­de van ’n be­roem­de per­soon was, laat ver­sa­me­laars deur hul nek be­taal om “’n stuk­kie roem” te be­sit, sê Bar­ne­bys.

Dié fe­no­meen het skerp groei in pry­se tot ge­volg ge­had.

In 2012 het die ge­rui­te rok­kie wat Ju­dy Gar­land as die ka­rak­ter Doro­thy in die 1939-rol­prent The Wi­zard of Oz ge­dra het, vir $490 000 ver­koop.

Twee jaar la­ter het die­self­de rok­kie $1,56 mil­joen op ’n vei­ling in New York be­haal.

Dit is be­skryf as in ’n goeie toe­stand, ten spy­te van sweet­kol­le rond­om die nek.

Ook het ’n swart aand­rok van Gi­ven­chy, wat deur Aud­rey Hep­burn in B­re­ak­fast at Tif­fa­ny’s ge­dra is, vir £467 200 ver­koop.

Dit maak dié rok­ke van die duur­stes wat tot nog toe op ’n vei­ling ver­koop is.

Ju­lien’s Aucti­ons in Los An­ge­les, die af­sla­er vir die ster­re, het ’n mag­dom van me­mo­ra­bi­lia-vei­lings op sy kerf­stok.

Dié af­sla­er gaan op 20 Mei hon­der­de lot­te rock ’n roll-me­mo­ra­bi­lia in New York on­der die ha­mer bring.

Dit sluit in El­vis P­res­ley se eer­ste kla­vier, wat na ver­wag­ting vir tus­sen $100 000 en $200 000 gaan ver­koop.

’n S­koen wat deur Ma­don­na in die fliek Des­pe­ra­te­ly Seeking Su­san ge­dra is en deur haar on­der­te­ken is, gaan na ver­wag­ting vir tus­sen $6 000 en $8 000 ver­koop.

Op 16 Mei gaan Bon­hams Los An­ge­les mil­joe­ne dol­lars se blieng en be­sit­tings van die ro­man­skry­wer Jackie Col­lins op ’n vei­ling ver­koop.

Bie­ërs het al oor hul voe­te ge­val om Wil­li­am S­hat­ner se nier­steen op vei­lings aan te skaf.

Bo: Die ge­rui­te rok­kie wat Ju­dy Gar­land as die ka­rak­ter Doro­thy in die 1939 rol­prent The Wi­zard of Oz ge­dra het, is vir $1,56 mil­joen op ’n vei­ling in New York ver­koop, sweet­kol­le en al. Regs: Die rok van Ma­ri­lyn Mon­roe het R70 mil­joen op ’n vei­ling ge­haal. Fo­to’s: BAR­NE­BYS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.