Mo­tor­vei­lings bied ver­skei­den­heid

Beeld - - Veilings -

In pas met ’n sterk vraag na ge­bruik­te mo­tors van ’n goeie ge­hal­te skud Park Vil­la­ge Aucti­ons (PVA) sy ve­re reg vir sy vol­gen­de mo­tor­vei­ling la­ter in Mei.

C­li­ve La­za­rus van PVA sê die vo­ri­ge mo­tor­vei­ling aan die be­gin van die maand het goeie pry­se aan ’n breë front be­haal, wat be­wys dat bie­ërs vei­lings as ’n haal­ba­re ma­nier be­skou om hul droom­mo­tors te be­kom.

Uit Tran­sU­ni­on se SuidA­fri­kaan­se mo­tor­prys­in­deks­ver­slag blyk dit dat 2,9 ge­bruik­te mo­tors ge­fi­nan­sier word vir el­ke nu­we mo­tor wat ge­fi­nan­sier word.

Die al­ge­me­ne kon­sen­sus on­der die ver­skil­len­de ver­slae oor mo­tor­ver­ko­pe is dat ver­brui­kers in al­le mark­seg­men­te ver­sig­tig­heid aan die dag lê en ak­tief op soek is na waar­de vir geld wan­neer dit by mo­tor­aan­ko­pe kom.

La­za­rus sê PVA se laas­te mo­tor­vei­ling ge­tuig daar­van. Op dié vei­ling is ’n Ran­ge Ro­ver Sport Su­per­char­ged van 2015 wat 25 201 km af­ge­lê het vir R1,1 mil­joen ver­koop.

Ook het ’n Land Ro­ver Discovery TD V6 van 2015 met 35 679 km op die klok ’n in­druk­wek­ken­de R831 000 ge­haal.

Die laag­ste prys wat vir ’n voer­tuig op die­self­de vei­ling be­taal is, was R55 000 vir ’n Ford I­con 1,6 Am­bien­te van 2014 met 100 123 km op die klok. “Dit ver­teen­woor­dig uit­ste­ken­de waar­de vir geld in die la­er mark­seg­ment en weer­spie­ël dat vei­lings­ver­ko­pe ak­tief is oor die vol­le spek­trum van in­kom­ste­ka­te­go­rieë,” sê hy.

PVA se vei­ling be­gin op 17 Mei om 10:30 op sy per­seel in Hoof­weg, Mart­in­da­le.

’n Wye ver­skei­den­heid pas­sa­siers-, kom­mer­si­ë­le en luuk­se mo­tors gaan te koop aan­ge­bied word. Die voer­tuie kan op 16 Mei van 09:00 tot 16:00 be­sig­tig word.

Vir meer in­lig­ting be­soek www.park­vil­la­geaucti­ons. co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.