Blit­si­ge toer­kar on­der ha­mer

1ste keer dat To­ra­na op vei­ling be­land

Beeld - - Veilings -

’n Le­gen­da­rie­se Hol­den To­ra­na wat in 1979 die Aus­tra­lie­se Tou­ring Car-kam­pi­oen­skap ge­wen het, gaan vir die eer­ste keer tot nog toe deur Moss­green op ’n vei­ling Doer On­der van die hand ge­sit word.

Dié blits gaan na ver­wag­ting vir tus­sen A$850 000 en A$1,05 mil­joen ver­koop.

Die mo­tor maak deel uit van Moss­green se eer­ste ver­sa­me­laars­vei­ling, wat op 28 Mei by Car­ri­a­ge­works in Syd­ney on­der die ha­mer gaan kom.

Die Hol­den To­ra­na was in die 1970’s die vin­nig­ste straat­kar in Aus­tra­lië, maar het sy spoed nê­rens be­ter as op die ren­baan ten toon ge­stel nie.

Ja­mes Ni­cholls, Moss­green se spe­si­a­lis van ver­sa­me­laars­mo­tors, sê die s­kaars To­ra­na is hoogs oor­spronk­lik en in ’n wer­ken­de toe­stand. “Dit is ’n bui­ten­ge­wo­ne mo­tor, wat ge­liefd is on­der Aus­tra­lie­se mo­tor­spor­ten­toe­si­as­te.” Dit is in 1979 deur die hui­di­ge ei­e­naar ge­koop.

Die mul­ti­mil­joen­dol­lar­ver­sa­me­laars­vei­ling bied ’n groot ver­sa­me­ling van mo­tors wat oor de­ka­des strek – van ’n Mo­del T Ford van 1913, wat na ver­wag­ting vir tus­sen A$32 000 en A$38 000 gaan ver­koop tot ’n 1964-Aston Mar­tin DB5 met ’n voor­vei­lings­prys van tus­sen A$1,5 mil­joen en A$1,6 mil­joen.

Vir meer in­lig­ting stuur e-pos na moss­green@de­cpr.com.au.

Die Hol­den To­ra­na, wat in 1979 die Aus­tra­lie­se Tou­ring Car­kam­pi­oen­skap ge­wen het, gaan vir die eer­ste keer op ’n vei­ling in Syd­ney te koop aan­ge­bied word. Fo­to’s: MOSS­GREEN

Die bin­ne­kant van die Hol­den To­ra­na, wat hoogs oor­spronk­lik is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.