Kun­di­ges sê wat kuns werd is

Beeld - - Veilings -

Die vei­lings­huis S­trauss & Co is op pad na die Oos-Kaap, P­let­ten­berg­baai en S­wel­len­dam, waar sy kun­di­ges van 22 tot 25 Mei waar­da­sies van kuns, sil­wer en Oos­ter­se por­se­lein sal on­der­neem.

’n Soort­ge­ly­ke waar­da­sie­toer in 2016 het merk­waar­di­ge vond­se op­ge­le­wer. On­der meer het ’n son­ni­ge land­skap van Tie­ties­baai deur S­tan­ley Pin­ker, wat in S­wel­len­dam vir waar­da­sie ge­bring is, vir R1 250 480 by S­trauss & Co se Ok­to­ber-ver­ko­ping in Kaap­stad ver­koop.

Dit was heel­wat meer as die s­kil­de­ry se voor­vei­lings­be­ra­ming van R700 000. An­der noe­mens­waar­di­ge vond­se sluit in ’n stil­le­we deur Mag­gie Laub­ser, wat in Knys­na ge­waar­deer is en vir R431 984 ver­koop het.

Om kuns en an­der ver­sa­me­l­i­tems te laat waar­deer, kos R20 per i­tem en vind per af­spraak plaas. Die op­brengs word aan die in­stel­lings waar die waar­da­sies plaas­vind of hul spe­si­fie­ke lief­da­dig­heids­in­stel­lings ge­skenk. Vir meer in­lig­ting oor waar en wan­neer die waar­da­sies plaas­vind, be­soek strauss­art.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.