Rug­by­fees in die Goud­stad

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Die Pu­mas se oë sal blink by die voor­uit­sig om oor­mô­re in die Su­per­Sport-uit­daag­reeks ho­pe pun­te teen die Wel­witschi­as van Na­mi­bië op te sta­pel.

Die Pu­mas, wat ver­le­de week ’n los­loot­jie ge­had het, het die kom­pe­ti­sie be­gin deur die Blou Bul­le met 31-23 op Lof­tus Vers­feld in die eer­ste ron­de te klop.

Daar­na het hul­le teen die Goue Leeus, die toon­aan­ge­wen­de span in die Noor­de­li­ke groep, vas­ge­val.

Maar die Leeus is nie kat­te wat jy son­der hand­skoe­ne pak nie, soos die Wel­witschi­as ver­le­de week op die har­de ma­nier uit­ge­vind het.

Die Jo­han­nes­bur­gers het die Na­mi­bi­ërs in Al­ber­ton ’n lie­der­li­ke drag slae van 112-14 toe­ge­dien.

Die Pu­mas sal dié ver­to­ning wil na­doen.

Ver­al die span se sen­ter­paar van Hen­nie S­kor­bin­ski, bui­te­sen­ter en kap­tein, en Ry­an Nell spel ge­vaar vir die be­soe­kers.

Daar­be­ne­wens is die voor­ma­li­ge C­hee­tahs-los­ska­kel Si­as E­ber­sohn op die plaas­ver­van­ger­bank ge­kies vir dié stryd.

Ná die stryd, die eer­ste Su­per­Sport-stryd van die na­week se rug­by­fees in die Bill Jar­di­ne-sta­di­on in In­dus­tria, sal die Goue Leeus kyk hoe­veel van die Val­ke se stert­ve­re hul­le kan pluk.

Die Leeus sal die stryd teen die Val­ke wil ge­bruik om goed voor te be­rei op hul groot Juk­skei-stryd teen die Blou Bul­le vol­gen­de week op El­lis­park.

Die Blou Bul­le het juis ver­le­de week ge­mak­lik met 63-26 met die Val­ke af­ge­re­ken.

Ru­an Com­brinck, S­pring­bok­vleu­el van die Goue Leeus, kry weer die ge­leent­heid om sy wed­stryd­fiks­heid op te skerp.

Sy reg­streek­se teen­stan­der, die Val­ke se lin­ker­vleu­el E­tien­ne Tal­jaard, is een van dié span se s­leu­tel­spe­lers. Hy is ’n vin­ni­ge en sterk bal­dra­er.

Oor­mô­re se rug­by­fees in In­dus­tria sal be­gin met ’n klub­wed­stryd tus­sen Rai­ders en Wan­de­rers.

■ Mô­re vind ’n groot stryd in die Sen­tra­le groep plaas wan­neer die on­oor­won­ne Lui­perds in Mar­ga­te teen die Haaie se 15-tal speel.

Die Lui­perds is saam met die Goue Leeus en die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie die e­nig­ste on­oor­won­ne span­ne in die reeks.

Die span van Noord­wes se ver­to­ning tot dus­ver kan wel as ’n groot ver­ras­sing be­stem­pel word. Dié span word deur Jo­na­than Mo­ku­e­na, die Puk­ke se Var­si­ty­be­ker-af­rig­ter, ge­brei en baie spe­lers van dié span doen ook vir die Lui­perds diens.

Die Puk­ke het van­jaar nie ’n baie goeie Var­si­ty­be­ker­reeks be­leef nie.

Die Lui­perds het vroe­ër in die reeks ge­skok deur met G­rie­kwas in Kim­ber­ley af te re­ken.

Die Haaie se 15-tal het ver­le­de week die G­rif­fons met 52-24 in Wel­kom ge­troef en sal dus vol ver­troue wees vir dié tuis­stryd.

Maar die Lui­perds, met die flank Je­an­dré Ru­dolph aan die spits, be­hoort dié stryd te wen.

■ Span­ne op Net­werk24

E­tien­ne Tal­jaard, die Val­ke se lin­ker­vleu­el, teen die Blou Bul­le in die Su­perS­port­uit­daag­reeks in ak­sie. Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.