‘O­pe­ra­san­ger’ moet Haaie help stuit

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Hy ver­wag dat die Haaie die Kings mô­re in Port E­li­za­beth voor­langs met bru­te krag gaan pro­beer oor­rom­pel, sê die voor­ma­li­ge Haai-slot Gi­ant M­ty­an­da.

Die 31-ja­ri­ge M­ty­an­da is gis­ter as een van die Kings se plaasvervangers vir dié Su­per­rug­by­stryd in Port E­li­za­beth ge­kies.

“Hul­le (die Haaie) het ’n sterk agt­tal ge­kies. Daar is ’n swaar vas­te vyf en hul los­voor­spe­lers, soos die twee Du P­reez-broers (Je­an-Luc en Da­niel), is ook storm­ram­me,” sê M­ty­an­da.

“Hul­le gaan in ons ge­sig­te wees. Ek ver­wag be­slis ’n fi­sie­ke krag­me­ting.”

M­ty­an­da glo wel die Kings se agt­tal sal sy man teen die be­soe­kers kan staan. “Ons het sterk ver­de­di­gers wat nie te­rug­deins nie. Ons sal hul­le moet te­rug­duik en om­keer­be­sit moet pro­beer wen.”

Die Kings-slot is self ie­mand wat daar­van hou om “ou­ens met duik­slae te ver­plet­ter”.

En Ir­né Herb­st, die man wat hy na ver­wag­ting in die twee­de helf­te sal ver­vang, is tot dus­ver dié sei­soen een van die Kings se bes­te ver­de­di­gers.

Dit wil dus lyk of De­on Da­vids, Kings-brei­er, M­ty­an­da met daar­die doel in ge­dag­te ge­kies het.

“(M­ty­an­da) het er­va­ring van Su­per­rug­by. Ons het sy te­rug­keer (ná ’n be­se­ring) ge­mo­ni­tor en sy ver­to­nings vir die OP dop­ge­hou,” sê Da­vids. “Hy gee ons agt­tal spie­re en is ’n goeie lyn­staan­sprin­ger.”

Die Haaie be­gin met Be­ast M­ta­wa­ri­ra en Coe­nie Oost­hui­zen op stut en sal waar­skyn­lik la­ter die jong kragreus T­ho­mas du Toit en die S­pring­bok Lou­rens A­dri­aan­se op­stuur.

Dis dalk nie ’n sleg­te i­dee nie om M­ty­an­da, wat 128 kg weeg, in die twee­de helf­te los te laat om die tuis­span se agt­tal te ver­ste­wig.

Hoe­wel M­ty­an­da daar­van hou om as ’n bre­ker op die rug­by­veld be­kend te staan, het hy ook ’n kuns­sin­ni­ge kant.

“Ek het nie rug­by­hel­de ge­had toe ek klein was nie. Ek was ’n san­ger en Pa­va­rot­ti was my rol­mo­del.”

Hy het sang­les­se by die Ho­ër­skool Co­wan in die Baai ge­neem en sing steeds graag. “Van my vrien­de vra my soms om op hul trou­es te sing,” sê M­ty­an­da.

■ Daar is net een ver­an­de­ring aan die Kings se be­gin­span. Met Jus­tin For­wood uit met ’n been­be­se­ring, be­gin S­chalk van der Mer­we op los­kop­stut.

Kurt Hau­pt is ook ge­kies, maar het in ’n oe­fe­ning sy en­kel be­seer en moet eers ’n fiks­heids­toets slaag.

■ Sout­hern Kings: Ma­sixo­le Ban­da, Wan­di­le M­je­ke­vu, Ber­ton Klaas­en, Lu­zu­ko Vu­lind­lu, Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi, Li­o­nel Cron­jé (k), Lou­is S­chreu­der, An­di­sa Nt­si­la, Ty­ler Paul, Chris Cloe­te, Wil­helm van der Sluys, Ir­né Herb­st, Ross Gel­den­huys, Mar­tin Be­zui­den­hout, S­chalk van der Mer­we. PLAASVERVANGERS: Kurt Hau­pt/Tan­go Ba­le­ki­le, Chris Hei­berg, Da­y­an van der West­hui­zen, Gi­ant M­ty­an­da, S­te­fan Wil­lem­se, Jo­han S­teyn, Pie­ter­S­teyn de Wet, S­tok­kies Ha­ne­kom.

Gi­ant M­ty­an­da

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.