Eers hek­kie nom­mer ne­ge, dán ti­tel

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Nog net twee hek­kies.

P­hi­lip Sny­man, B­lits­bok­kap­tein, kan maar ver­skoon word as hy sy span se veld­tog in van­jaar se Wê­reld­reeks met ’n 400 m-hek­kies­wed­loop ver­ge­lyk.

Dit maak per­fek sin, want soos in dié at­le­tiek-nom­mer is daar 10 “hek­kies” tus­sen ’n se­wes­span en die eind­streep.

Sny­man en sy span­maats tree mô­re in Pa­rys aan by hek­kie nom­mer ne­ge en al het hul­le ef­fens oor die agt­ste een ge­strui­kel, het hul­le nog ge­noeg mo­men­tum om voor in die pyl­vak af te na­el.

“Ons het voor die be­gin van die sei­soen ge­sê van­jaar is die jaar wat ons die Wê­reld­reeks wil gaan wen,” sê Sny­man. “Ons wou nie weer aan die ein­de ver­sko­nings maak nie.

“Ons het die eer­ste agt hek­kies oor­ge­steek en die na­week wag nom­mer ne­ge. Hong­kong en Sin­ga­poer was nie mak­li­ke toer­nooie vir ons nie. Die man­ne moes ver­al in Hong­kong

met groot veg­gees vo­ren­dag kom. Dit het vir ’n ruk daar ge­lyk as­of ons dit nie sou maak nie, maar die ou­ens het op­ge­staan en ge­veg. Dit spreek boek­de­le van die ka­rak­ter

in die span en dit maak my baie trots.”

Met ’n voor­sprong van 25 reeks­pun­te oor hul naas­te teen­stan­der, Fidji, is die wê­reld­kroon – nes die eind­streep

van ’n at­le­tiek­baan – vir die B­lit­se in sig.

Maar hul­le kán nog strui­kel en daar­om maan Sny­man dat daar nie nou weer, soos in Sin­ga­poer, ’n mid­del­ma­ti­ge ver­to­ning ge­le­wer durf word nie.

Of­skoon die B­lit­se hul bes­te sei­soen se­dert hul reeks­se­ge in 2008-’09 be­leef, is Sny­man en sy span hon­ger vir nog ’n paar be­kers.

Die tro­fee­kas in S­tel­len­bosch pronk reeds met die Du­bai-, Wel­ling­ton-, Syd­ney­en Las Ve­gas-ti­tels. Maar vier uit tien is be­swaar­lik ’n slaag­sy­fer en daar­om, sê die B­lits­bok­kap­tein, is die fo­kus op suk­ses in Pa­rys.

“Dit be­gin al­les vir ons met (mô­re se) eer­ste wed­stryd teen S­kot­land (11:28), waar ons op ’n wen­noot moet be­gin en mo­men­tum moet bou vir die krag­me­tings met Ja­pan (14:45) en Ka­na­da (18:42). Ons spog dié keer met ’n meer er­va­re groep en dit be­hoort ons deur te dra tot die ein­de. Die (er­va­re) man­ne weet nou pre­sies wat dit gaan verg om suk­ses­vol te wees,” sê Sny­man.

■ Al mô­re se se­we­sak­sie in Pa­rys word van 09:50 reg­streeks op Su­per­Sport 5 uit­ge­saai.

P­hi­lip Sny­man (regs) en sy B­lits­bok­span­maats is nie lus om soos ver­le­de sei­soen in ’n tou­trek­ke­ry om die wê­reld­kroon met Fidji se kap­tein, O­sea Ko­li­ni­sau (links), en sy span­maats be­trok­ke te raak nie. Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.