Ri­lee ná mon­ster­beurt: ‘Dan­kie De­a­no’

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger By­ko­men­de bron­ne: au­di­o­boom.com, dai­ly­e­cho.co.uk.

Ri­lee Ros­souw het sy bes­te kolf­beurt in een­dag­krie­ket toe­ge­skryf aan die be­le­di­gings wat sy voor­ma­li­ge Pro­tea- en K­nig­hts-span­maat De­an El­gar hom toe­ge­snou het.

Ros­souw het Woens­dag 156 lo­pies van 113 bal­le vir sy En­gel­se graaf­skap­span, Hamps­hi­re, in sy oor­win­ning met vier paal­tjies oor So­mer­set ge­mo­ker.

Ros­souw sê dié ver­ba­le aan­slag van El­gar, wat vroe­ër in dié stryd in Taun­ton 78 vir So­mer­set aan­ge­te­ken het, was die vonk wat die kruit­vat laat ont­plof het. “Hy gaan nie daar­van hou nie, maar ek gaan dit sê. Hy het my be­le­dig toe ek nog op nul ge­staan het.

“Dit was as­of ’n ska­ke­laar by my aan gaan. Ek het daar­na el­ke bal in die mid­del van die Ri­lee Ros­souw het Woens­dag 156 lo­pies vir Hamps­hi­re aan­ge­te­ken. kolf ge­tref. So, dan­kie, De­a­no, vir die 156!”

Ros­souw, wat ’n Kol­pak-kon­trak van drie jaar met Hamps­hi­re ge­sluit het, wou nie sê wat al­les in die wed­stryd teen­oor hom kwyt­ge­raak is nie.

“Ek gaan nie sê wat kwyt­ge­raak is nie, maar dit het iets met die pond te doen.”

El­gar sê op sy beurt dit was reg­tig on­skul­dig en dat hul­le vrien­de is.

Ros­souw was ver­nie­ti­gend en het 74 van die be­soe­kers se 81 lo­pies in hul eer­ste tien beur­te ge­mo­ker.

Ros­souw (27) se vo­ri­ge bes­te eend­ag­tel­ling was die 137 wat hy vir Suid-A­fri­ka A teen In­dië se naas­bes­tes in 2014 in Dar­win aan­ge­te­ken het.

Dit was Ros­souw se eer­ste wed­stryd en eer­ste een­dag­wed­stryd vir Hamps­hi­re na­dat hy so­wat vier we­ke ge­le­de sy vin­ger in die meer­dag­stryd teen Midd­le­sex ge­kraak het.

Dit was ook sy eer­ste hon­derd­tal vir sy graaf­skap na­dat hy in dié vo­ri­ge wed­stryd op 99 uit­ge­hard­loop is.

Ros­souw sê die rus­kans het hom goed ge­doen, maar hy het ter­self­der­tyd ge­brand om hom by die graaf­skap te be­wys.

“Ek gaan waar­skyn­lik nie gou weer so ’n beurt speel nie. Dit was een van my bes­te kolf­beur­te in­dien nie dié bes­te een nie,” sê Ros­souw.

Hy moes voor die wed­stryd pyn­pil­le vir sy vin­ger drink.

“Dit is nog seer. Ek gaan waar­skyn­lik aan­hou daar­mee speel en sal dit maar net mooi tus­sen­in moet be­stuur.”

El­gar en Ros­souw het lank saam­ge­speel. Ros­souw (319) en El­gar (161) se ven­noot­skap van 480 lo­pies om die twee­de paal­tjie vir die K­nig­hts teen die Ti­tans in Cen­tu­ri­on in 2010 is steeds ’n Suid-A­fri­kaan­se re­kord.

Ros­souw en sy boe­sem­vriend Mar­chant de Lan­ge van Glamor­gan sou gis­ter by sy huis braai voor­dat hul­le me­kaar van­dag in Sout­hamp­ton in ’n een­dag­wed­stryd pak.

Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.