Noord en Suid pak me­kaar in Bell­vil­le

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel

Dit is van­aand Noord teen Suid wan­neer die vier­de ron­de van die P­re­mier­liga-net­bal­reeks in Bell­vil­le be­gin.

Daar heers groot af­wag­ting vir die krag­me­ting tus­sen die Sout­hern S­tings van die WesKaap en die Ja­guars van Noord-Gau­teng.

Die kom­pe­ti­sie raak nou vuur­warm. Die Ja­guars, hul Gau­teng­se bu­re die Fi­re­balls, die Fla­mes van Noord­wes en die S­tings het al­mal agt pun­te.

Die Ja­guars spog eg­ter met die boon­ste plek op die pun­te­lys dank­sy die 291 doe­le wat hul­le be­haal het ter­wyl hul­le net 152 af­ge­staan het.

Die S­tings is die e­nig­ste on­oor­won­ne span, maar het een wed­stryd min­der ge­speel.

Die na­week se wed­stry­de in die Ve­lo­dro­me is dus kri­tiek vir die Wes-Ka­pe­naars.

Die Ka­pe­naars het iet­wat van ’n leng­te­voor­deel met die doel Jaum­bu­ai­je Zau­a­na se 1,92 m teen­oor die Ja­guars-ver­de­di­gers Jas­mi­ne Zie­gel­mei­er (1,82 m) en S­ha­di­ne van der Mer­we (1,78 m).

Ná die Ja­guars wag die Di­a­monds Sa­ter­dag op die S­tings. Die Noord-Ka­pe­naars het ver­le­de Son­dag ’n al­le­min­ti­ge loe­sing van 10-90 teen die Fi­re­balls op die lyf ge­loop.

An­ne­lie Lu­cas, die S­tings-af­rig­ter, sê die tuis­span gaan nie ’n hoë tel­ling na­jaag nie.

“Ons wil ons eie spel­pa­tro­ne ves­tig. Ons werk vol­gens ons eie plan­ne,” sê Lu­cas.

“Ons sal ge­fo­kus wees. Ons wil dood­se­ker maak ons het al ons be­we­gings en spel­pa­tro­ne on­der die knie, want vol­gen­de na­week wag die Ba­o­babs.”

■ Die voor­ste doel­skie­ters is tans: Me­lan­di P­re­to­ri­us (Fla­mes, 89%), Ki­fil­we T­so­tet­si (Fla­mes, 88%), Lin­die Lom­bard (Fi­re­balls, 86%), Gra­ce Le­cha­ba (Ba­o­babs, 84%), Chanté Louw (Ja­guars, 84%,) Hé­le­ne S­teyn (S­tings, 83%) en Ma­ry­ka Holtz­hau­sen (C­ri­nums, 82%).

■ Pro­gram: Vry­dag: 18:00: Ba­o­babs t. C­ri­nums; 20:00: Ja­guars t. Sout­hern S­tings. Sa­ter­dag: 12:00: Fi­re­balls t. Sun­bi­rds; 14:00: Di­a­monds t. S­tings; 16:00: Aloes t. Ja­guars; 18:00: Fla­mes t. King­dom S­tars. Son­dag: 10:30: C­ri­nums t. Sun­bi­rds; 12:30: Aloes t. Di­a­monds.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.