Mey­er praat reg­uit: ‘SA kort nie Ki­wi­klo­ne’

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Hy het reg­deur sy vier jaar as S­pring­bok-af­rig­ter daar­oor ge­waar­sku en eers nou­dat ’n Ki­wi maan Suid-A­fri­ka se spe­lers is nie fiks ge­noeg nie, word dit ’n de­bat, sê Hey­ne­ke Mey­er.

S­cott Ro­bert­son, die Cru­sa­ders se af­rig­ter, het na­dat sy span ver­le­de Sa­ter­dag die Bul­le ’n rug­by­les op Lof­tus Vers­feld ge­gee het, ge­sê dit is dui­de­lik die Suid-A­fri­kaan­se Su­per­rug­by­span­ne is nie fiks ge­noeg nie.

Mey­er was Don­der­dag by Lof- deel van ’n af­vaar­di­ging wat vol­gen­de maand ’n 10’s-toer­nooi in Mau­ri­ti­us hou.

Die voor­ma­li­ge Bok-af­rig­ter het ont­hul die S­pring­bok­ke was nie fiks ge­noeg toe hul­le in 2015 na die Wê­reld­be­ker­toer­nooi in En­ge­land ver­trek het nie.

“Nie een van die spe­lers was so fiks soos die Bul­le in 2007 was nie (toe die Bul­le die Su­per­rug­by-reeks ge­wen het).

“En daar was nie tyd om se­ker te maak hul­le is fiks ge­noeg nie.

“Ek het op my laas­te nuus- (in 2015 ná die WB­toer­nooi) ge­waar­sku Nieu-See­land se voor­ste spe­lers gaan drie maan­de rus en dat hul­le su­per­fiks sal wees in 2016.

Mey­er het ge­sê hul­le het voor die WB-toer­nooi fiks­heids­toet­se van die u­nies aan­ge­vra.

“Ek het daar­die sei­soen die spe­lers vir agt maan­de nie ge­sien nie. Ons het nie een fiks­heids­toets ge­kry nie en toe ons die spe­lers uit­ein­de­lik kort voor die toer­nooi toets, het ek be­sef ons het pro­ble­me.”

Mey­er sê as die “Nieu-See­tus land­se ma­nier van speel” na­ge­jaag gaan word, sal Suid-A­fri­kaan­se rug­by nooit weer die bes­te wees nie.

“Ek is be­kom­merd oor die fik­sa­sie wat daar in ons rug­by is om soos die All Blacks te speel.

“Dit gaan ons tien jaar neem om só te speel en teen dan sal hul­le ons wéér tien jaar voor­uit wees.”

Hy sê En­ge­land speel on­der Ed­die Jo­nes soos wat die Bok­ke in die ver­le­de ge­speel het.

“Dit is goeie vas­te fa­set­te, ste­wi­ge ver­de­di­ging en goeie skop­kon­fe­ren­sie werk. Met spe­lers wat top­fiks is.”

Vol­gens Mey­er is Suid-A­fri­kaan­se rug­by dees­dae in geen af­de­ling ge­dug nie.

“Ons kan nie skrum of dryf nie, kan nie span­ne met tak­tie­se skop­werk on­der druk plaas nie en is ook nie fiks ge­noeg nie. Hoe gaan ons dan an­der span­ne klop?”

Hy sê ons het steeds van die voor­ste af­rig­ters in wê­reld­rug­by. “Af­rig­ters soos Ras­sie (Eras­mus) en Ja­ke (W­hi­te) vaar baie goed oor­see.

“Ek noem al­tyd vir John Plum­tree as ’n voor­beeld. Toe hy hier was (as af­rig­ter van die Haaie) is hy nie na waar­de ge­skat nie, maar hy was s­kaars te­rug in Nieu-See­land toe help hy die Hur­ri­ca­nes om Su­per­rug­by te wen.

“Wat het ver­an­der? Die struk­tuur van Nieu-See­land­se rug­by maak dit mak­li­ker om suk­ses te be­haal.

“As ons nie ons stel­sel reg­kry nie en daar is nie be­ter sa­me­wer­king nie, sal al­les ver­geefs wees.”

Hey­ne­ke Mey­er Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.