Don­ker dae ver­by vir kap­tein Lam­bie

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

“Hoe­kom ek? Ag nee, nie al­weer nie, wat het ek ver­keerd ge­doen?”

Dit is vrae soos dié wat in die eer­ste paar don­ker dae ná sy rug­be­se­ring deur Pa­trick Lam­bie, die Haaie se los­ska­kel en kap­tein, se kop ge­maal het.

Maar dié spo­ke is nou ver­jaag en Lam­bie be­vind hom mô­re vir die eer­ste keer in meer as twee maan­de in die Haaie se be­gin­span vir die span se Su­per­rug­by-stryd teen die Sout­hern Kings in Port E­li­za­beth.

“Ver­al aan­vank­lik was daar ’n paar moei­li­ke dae en dan word jy met al daar­die vrae ge­kon­fron­teer, maar ge­luk­kig het ek ’n baie goeie me­die­se span. Die af­rig­ters en my fa­mi­lie het my baie goed on­der­steun en ek is net bly ek is nou slag­ge­reed om weer te speel,” sê Lam­bie.

In sy af­we­sig­heid het die Haaie oor­we­gend goed ge­vaar, maar daar was ook ’n po­we­re ver­to­ning of twee.

“Daar was goeie we­ke en ’n paar min­der goeie we­ke, maar in die al­ge­meen is ek baie bly oor die ma­nier waar­op die span week­liks ver­be­ter het,” sê Lam­bie.

Ver­le­de week was die span taam­lik skerp op pad na sy se­ge van 37-12 oor die For­ce. Lam­bie het toe sy te­rug­keer van die plaas­ver­van­ger­bank af ge­maak.

“Ons het nie die bal so baie ge­had toe ek op die veld was nie en dit was frus­tre­rend. Maar ek het nie te ver­roes ge­voel nie. Dit was lek­ker om die eer­ste wed­stryd ag­ter die blad te kry en ek sien uit na die na­week.”

Ná die stryd teen die Kings reis die Haaie na Sin­ga­poer vir ’n wed­stryd teen die Sun­wol­ves. Daar­na wag ’n e­nor­me uit­da­ging in Dur­ban wan­neer die S­tor­mers na Kings­park op­ruk, voor­dat die reeks on­der­breek word vir die toet­se in Ju­nie.

“Daar lê nou ’n paar be­lang­ri­ke wed­stry­de voor. Ons moet toe­sien dat ons in ’n goeie po­si­sie is wan­neer die toet­se aan­breek,” sê hy.

Be­ne­wens Lam­bie se te­rug­keer, het Ro­bert du P­reez, Haaie-brei­er, drie an­der ver­an­de­rin­ge aan sy be­gin­span aan­ge­bring.

Die Bok-vleu­el L­wa­zi M­vo­vo, wat ver­le­de week ge­rus is, keer te­rug op lin­ker­vleu­el in die plek van die jong Sbu N­ko­si. N­ko­si het uit­ste­kend ge­speel in sy Su­per-bui­ging en hy be­vind hom mô­re op die plaas­ver­van­ger­bank.

Voor ver­vang Be­ast M­ta­wa­ri­ra die jong T­ho­mas du Toit op los­kop­stut.

Fran­co Ma­rais be­gin weer op ha­ker ten kos­te van C­hi­li­boy Ra­le­pel­le, wat op die bank is saam met die los­ska­kel en heel­ag­ter Garth A­pril, wat te­rug­keer ná ’n be­se­ring.

■ Haaie: R­hyno S­mith, Ko­bus van Wyk, Luk­ha­nyo Am, Je­re­my Ward, L­wa­zi M­vo­vo, Pa­trick Lam­bie (k), Mi­cha­el Claas­sens, Da­niel du P­reez, Je­an­Luc du P­reez, P­hi­lip van der Walt, Ru­an Bo­tha, E­tien­ne Oost­hui­zen, Coe­nie Oost­hui­zen, Fran­co Ma­rais, Be­ast M­ta­wa­ri­ra. PLAASVERVANGERS: C­hi­li­boy Ra­le­pel­le, T­ho­mas du Toit, Lou­rens A­dri­aan­se, S­te­phan Le­wies, Te­ra M­tem­bu, Co­bus Rei­nach, Garth A­pril, Sbu N­ko­si.

Pa­trick Lam­bie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.