Nol­lis: ‘Help ons, Hey­ne­ke!’

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Nol­lis Ma­rais, Bul­le-brei­er, het Son­dag sy groot rug­by­men­tor, Hey­ne­ke Mey­er, ge­bel vir raad en be­moe­di­ging.

Dit na­dat die Bul­le die vo­ri­ge dag op Lof­tus Vers­feld ’n loe­sing van 62-24 teen die Cru­sa­ders op die lyf ge­loop het.

“Ons het twee keer ge­praat Son­dag. Hy was nog al­tyd my men­tor en dit is Hey­ne­ke wat my des­tyds die ge­leent­heid ge­gee het om af te rig,” sê Ma­rais.

Die be­le­ër­de hoof­af­rig­ter sê hul­le het ge­sels oor die soort­ge­ly­ke si­tu­a­sie waar­in Mey­er des­tyds was in die ma­er ja­re op Lof­tus.

Mey­er het in 2007 ge­skie­de­nis ge­maak toe die Bul­le die eer­ste SuidA­fri­kaan­se span ge­word het wat die Su­per­reeks kon wen. Die Bul­le het wel ook in 2002 on­der Mey­er in die des­tyd­se Su­per12 nie ’n en­ke­le wed­stryd ge­wen nie.

Ma­rais sê Sa­ter­dag­aand “was baie moei­lik vir hom en sy span”.

“Hey­ne­ke het my raad ge­gee. Hy het my baie ge­help met die be­slui­te wat ek moes neem.”

Ma­rais sê wan­neer daar so­veel druk is, kom daar tye dat ’n af­rig­ter twy­fel oor die pad vo­ren­toe. “As jy eers be­gin ver­loor, is dit moei­lik om uit daar­die gat te kom en jou self­ver­troue ly daar­on­der. Wen kan ’n ge­woon­te word, maar so ook ver­loor.”

Mey­er, wat ook gis­ter by Lof­tus was, het ge­skerts dat die me­dia “sag ge­raak het” se­dert hy daar af­ge­rig het.

“Dit is goed om jul mens­li­ke sy te sien. Ek ont­hou die keer wat ek met lyf­wag­te na die me­di­a­kon­fe­ren­sie toe ge­kom het.”

Mey­er sê: “Die Bul­le en die mees­te van die an­der Suid-A­fri­kaan­se span­ne het goeie spe­lers en dit is ’n kwes­sie van tyd voor­dat hul­le be­ter ver­to­nings sal le­wer.”

■ Ma­rais sê daar is ie­mand wat vals pro­fie­le op so­si­a­le me­dia ge­skep het en hom voor­doen as die Bul­le-brei­er.

“Ek wil dit dui­de­lik stel ek het nie ’n Twitter- of ’n Fa­ce­book-pro­fiel nie. Die ou wat hom voor­doen as Nol­lis Ma­rais is nie ek nie. Men­se wat my al ge­hoor En­gels praat het, sal weet dit is nie ek nie. Sy En­gels is baie goed.”

Nol­lis Ma­rais

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.