DRA­MA IN VAN B­RE­DA­HUIS OOR MAR­LI SE GE­WIG, KÊ­REL

Beeld - - Voorblad - Ja­na B­rey­ten­bach

Net meer as twee we­ke voor die moord op haar ou­ers en broer het Mar­li van B­re­da se des­tyd­se kê­rel aan haar ge­skryf hy “voel hy wil die men­se om haar dood­maak”.

Daar was pas ’n groot on­der­on­sie in die Van B­re­da-huis­hou­ding oor Mar­li se ge­wig en hul ver­hou­ding, het Ja­mes Re­a­de-Jahn, die eks­kê­rel, gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ge­tuig.

Mar­li se broer Hen­ri word ver­hoor weens die moord op hul ou­ers, Mar­tin en Te­re­sa, en hul broer Ru­di. Hen­ri het Mar­li na be­we­ring ook pro­beer ver­moor.

Ná die twis was ver­al Mar­li en Te­re­sa baie ont­steld, het Re­a­de-Jahn ge­tuig.

Mar­li het hom in ’n W­hat­sApp-bood­skap ver­tel wat ge­beur het.

Hy het ge­ant­woord hy “voel hy wil die men­se om haar dood­maak”, maar is daar vir haar en moet sterk wees vir haar.

Hy be­sef “dit was nie die reg­te ding om te sê om haar ge­rus te stel nie. Dit was nie ver­on­der­stel om iets te be­doel nie,” het hy ge­tuig.

Re­a­de-Jahn en Mar­li was lan­ger as ’n jaar in ’n ver­hou­ding en hy het baie tyd by die ge­sin deur­ge­bring. Hy het selfs ’n vei­lig­heids­kaart ge­had vir die De Zal­ze-land­goed bui­te S­tel­len­bosch waar die Van B­re­da’s ge­woon het en die moor­de ge­pleeg is.

Sy ma het die kaart trou­ens die og­gend van die moor­de op 27 Ja­nu­a­rie 2015 ge­bruik om te gaan kyk wat by die Van B­re­da-huis aan­gaan, want Re­a­deJahn was be­kom­merd om­dat hy Mar­li of an­der le­de van die ge­sin nie in die han­de kon kry nie.

Hy en Hen­ri was goed be­vriend, het hy ge­tuig.

Die ge­sins­le­de was baie ge­heg aan me­kaar. Mar­tin was baie erg oor sy kin­ders. Hy wou die bes­te vir hul­le hê en wou die ge­sin so­veel moont­lik by­me­kaar hê, het Re­a­de-Jahn ge­tuig.

Die moord­byl en ’n mes is gis­ter in die hof aan hom ge­wys. Dit lyk soos dié wat hy in die huis ge­sien het, maar hy ont­hou dat die byl se kop swart was.

Die po­li­sie het Re­a­de-Jahn as ’n ver­dag­te uit­ge­ska­kel.

Kapt. Ni­cho­las S­teyn, wat die og­gend van 27 Ja­nu­a­rie ge­vra is om met Hen­ri te praat, het ge­tuig hul­le het ge­praat ter­wyl Hen­ri in die am­bu­lans vir sy be­se­rings be­han­del is.

Vol­gens S­teyn het Hen­ri “stil en kalm” voor­ge­kom.

Die eer­ste weer­ga­we van die moor­de wat hy ge­gee het, stem vol­gens S­teyn oor­een met sy pleit­ver­dui­de­li­king.

Hen­ri voer aan ’n in­bre­ker met ’n klap­mus (ba­lak­la­wa) het sy ge­sin uit­ge­wis en hom met ’n mes ge­steek.

Sy reg­span het vroe­ër in die ver­hoor ge­sê die moor­de het in ’n tyd­perk plaas­ge­vind dat ’n ba­lak­la­wa-ben­de in die Hel­der­berg-om­ge­wing, ver­al in S­tel­len­bosch, mis­da­de ge­pleeg het.

Die staat het S­teyn laat ge­tuig juis om­dat hy ’n lid was van die span wat die ba­lak­la­wa-ben­de on­der­soek het.

Vol­gens S­teyn was die ben­de van Ju­nie 2014 tot Au­gus­tus 2015 be­dry­wig, maar hul­le is aan­ge­keer en word ver­volg. Hy het ge­sê die mo­dus o­pe­ran­di in die Van B­re­da-moor­de ver­skil.

Die ben­de het by af­ge­leë hui­se in­ge­breek en waar­de­vol­le ar­ti­kels ge­steel. Die Van B­re­da-huis is in ’n be­bou­de ge­bied en niks is ge­steel nie. Die ben­de het ook nie men­se ver­moor nie.

Die ver­hoor word vol­gen­de week her­vat.

Hen­ri van B­re­da en sy pro­ku­reur, Lo­rin­da van Nie­kerk, gis­ter bui­te die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad. Fo­to’s: JA­CO MA­RAIS

Ja­mes Re­a­de­Jahn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.