‘Oudts­hoorn­vel’ se mu­ta­sie ont­dek

Beeld - - Nuus - – El­sa­bé B­rits

We­ten­skap­li­kes het ’n ge­ne­tie­se mu­ta­sie ont­dek wat die seld­sa­me “Oudts­hoorn­vel” by A­fri­ka­ners ver­oor­saak.

Die siek­te, ke­ra­to­li­tie­se win­te­re­ri­teem, het vroe­ër ver­al in groot fa­mi­lies in die dorp voor­ge­kom.

Na­vor­sers aan die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand se In­s­ti­tuut vir Mo­le­ku­lê­re Bi­o­we­ten­skap en die een­heid vir mens­li­ke ge­ne­ti­ka het die na­vor­sings­werk saam met in­ter­na­si­o­na­le we­ten­skap­li­kes in die vak­tyd­skrif A­me­ri­can Jour­nal of Hu­man Ge­ne­ti­cs ge­pu­bli­seer.

Die siek­te ver­oor­saak rooi­heid aan die hand­palms en voet­so­le en die vel skil­fer af, ver­al in die win­ter.

Dit ge­ne­tie­se mu­ta­sie is do­mi­nant en as ’n ou­er dit het, sal so­wat die helf­te van die kin­ders dit erf.

Vol­gens die na­vor­sing kan die geen wat Oudts­hoorn­vel ver­oor­saak, te­rug­ge­voer word na Duit­se voor­sa­te. Een uit el­ke 7 000 wit, A­fri­kaans­spre­ken­de Suid-A­fri­ka­ners ly daar­aan.

Daar is be­vind ’n mu­ta­sie ver­oor­saak dat die geen meer pro­te­ïen pro­du­seer as wat hy moet en dit ver­oor­saak dat die vel af­skil­fer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.