Ser­ge­al en CJ in WP se visier

Beeld - - Sport -

S­te­phen Nell

Die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie het sy visier op die C­hee­tah-vleu­el Ser­ge­al Pe­ter­sen om die leem­te te vul wat C­heslin Kol­be met sy ver­trek gaan laat.

Bron­ne sê die kan­se is goed dat Pe­ter­sen in 2018 vir die S­tor­mers in die Su­per­rug­by­reeks gaan op­draf. Dit volg op Kol­be se be­sluit om ’n kon­trak met Tou­lou­se in Frank­ryk te sluit.

Ter­wyl ’n spe­ler van Pe­ter­sen se ka­li­ber op die aan­val nie te ver­smaai is nie, is dit nie ’n aan­wins wat die fun­da­men­te­le pro­bleem van ’n ge­brek aan fi­sie­ke teen­woor­dig­heid in die S­tor­mers se ag­ter­ste d­rie­hoek gaan op­los nie.

Die S­tor­mers se ge­bre­ke in daar­die af­de­ling is op hul on- toer van Nieu-See­land wreed uit­ge­wys – tot op die punt waar Rob­bie F­leck, hul af­rig­ter, die sen­si­tie­we stap sal moet oor­weeg om Kol­be te pos vir vol­gen­de Vry­dag se wed­stryd teen die Blu­es op Nu­we­land.

El­ders sal die WP op hoog­te wil bly met die erns van die Oos-Kaap­se bal­jag­terflank CJ Vel­le­man se jong­ste knie­be­se­ring. Vel­le­man is ook hoog op die WP se in­ko­pie­lys.

Die ge­brek aan ’n spe­si­a­li­soop­kant­flank is ’n paar sei­soe­ne al ’n pro­bleem in die Kaap en dis eint­lik ver­stom­mend dat dit nog nie na wen­se ge­ta­kel is nie. Nog meer so in die lig daar­van dat die WP ná 2015 se Cur­rie­be­ker-reeks be­sluit het om nie vir Chris Cloe­te ’n kon­trak aan te bied nie. Cloe­te le­wer uit­ha­ler­spel vir die Sout­hern Kings en klop hard aan die S­pring­bok-deur.

Gert Smal, die WP se di­rek­teur van rug­by, het die pro­bleem pro­beer pak met die aan­wins van S­te­ph de Wit, maar hy het in die voor­sei­soen ’n erns­ti­ge en­kel­be­se­ring op­ge­doen.

Met die be­se­ring aan Ryn­lang­se hardt El­stadt vroe­ër in van­jaar se reeks het F­leck hom ook in ’n po­si­sie be­vind waar sy voor­ste los­voor­spe­lers – Ni­zaam Carr, Siya Ko­li­si en Sik­hum­bu­zo Nots­he – in­di­vi­du­eel ui­ters ta­lent­vol is, maar me­kaar nie goed aan­vul nie.

In ’n po­ging om ’n sterk bal­dra­er by die re­sep te voeg, het F­leck so ver ge­gaan om die S­pring­bok-slot Pie­ter-S­te­ph du Toit op flank te kies.

Dis nie vir Du Toit vreemd om op flank te speel nie, maar hy is een van die voor­ste nr. 5-slot­te ter wê­reld.

El­stadt is da­rem nou weer fiks en ho­pe­lik bly dit die ge­val, want die S­tor­mers sal nie op Co­bus Wie­se se knop­pie kan druk nie.

Wie­se het sy skou­er ont­wrig in Nieu-See­land.

Ser­ge­al Pe­ter­sen van die C­hee­tahs is hoog op die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie se wens­lys vir 2018. Fo­to: GALLO IMAGES

CJ Vel­le­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.