‘Ons groot ska­de is siel­kun­dig’

‘Ge­weld laat ons al­mal in on­ge­loof en skok’

Beeld - - VOORBLAD - Han­ti Ot­to

Die ska­de aan hul hui­se en sa­ke­on­der­ne­mings kan her­stel word – die siel­kun­di­ge ska­de is ver­rei­kend.

In­wo­ners van Co­li­gny en pla­se om die dor­pie het die in­ten­si­teit van die laas­te paar we­ke se pro­tes­op­tre­des nie voor­sien nie.

“Kin­ders – ook die on­skul­di­ges van die towns­hip – het din­ge ge­sien, plek­ke sien brand en klip­pe wat ge­gooi word. Hoe be­re­ken jy die ska­de aan jou kind wat nie ver­staan hoe­kom goed ge­doen word aan men­se wat an­der niks ge­doen het nie?” vra een pa kop­skud­dend.

Toe die ge­weld in A­pril uit­ge­breek het, kon som­mi­ge ou­ers hul kin­ders nie skool toe vat nie – die pad was ver­sper.

“Hor­des men­se het in die stra­te tus­sen die woon­hui­se in­be­weeg, in sul­ke groe­pies, ook na­by die ou­e­te­huis. In daar­die sta­di­um was daar nog nie al die po­li­sie­ver­ster­kings wat nou hier is nie. Dit was net ons plaas­li­ke po­li­sie.

“Ek moes met my kin­ders in die kar rond­ry, want nie eens ons huis was vei­lig nie,” sê nog ’n ou­er.

Baie wil nie ge­ï­den­ti­fi­seer word nie. Hul­le ver­trou die wan­kel­ri­ge vre­de wat tans heers nog nie heel­te­mal nie.

Daar is wel twee din­ge waar­van die in­wo­ners re­de­lik se­ker is: Net ’n hand­jie­vol van die op­roer­ma­kers is reg­tig van Co­li­gny en die dorp se towns­hip, Tl­ha­bo­lo­gang, en dat die mees­te van “bui­te” af ge­kom het en kom op­sweep het.

Die twee­de is dat die op­roer aan­vank­lik ont­staan het weens diens­le­we­rings­pro­ble­me en dat die dood van Mat­l­ho­mo­la Mos­weu op 20 A­pril dit net aan­ge­vuur het.

“Glo my, die towns­hip-men­se het re­de om oor diens­le­we­ring te kla,” sê ’n man.

Co­bus van Ton­der, be­stuur­der van TCC Ver­voer & Ban­de, was een van die eer­ste slag­of­fers van die ge­weld.

Hy weet nie mooi hoe­kom nie. Hy ver­skaf werk aan by­na 40 men­se en het ’n goeie ver­hou­ding met die plaas­li­ke ge­meen­skap. Op 24 A­pril het die be­to­gers sa­ke­on­der­ne­mings al ge­plun­der, waar­on­der die drank­win­kel langs Van Ton­der se on­der­ne­ming.

“My vrou was by die on­der­ne­ming. Daar het in ’n sta­di­um ’n mas­sa men­se in die straat af­ge­kom. My vrou wou die hek sluit. Daar was agt towns­hip-kin­der­tjies, nie ou­er as gr. R of gr. 1 nie. Hul­le het so ge­skrik vir die be­to­ging, hul­le het by die hek in­ge­spring en my vrou vas­ge­gryp.

“Sy het hul­le in die kan­toor ge­hou en kof­fie ge­gee tot­dat dit vei­li­ger was en toe van ons wer­kers wat na­by die kin­ders bly, ge­vra om te kyk dat hul­le vei­lig by die huis kom.”

Die vol­gen­de dag het hy be­sluit om sy kin­ders lie­wer uit die skool te hou weens die plof­ba­re si­tu­a­sie in die om­ge­wing. Hy het ook die on­der­ne­ming ge­sluit.

Toe kry hy ’n op­roep dat daar moei­lik­heid by TCC in die hoof­straat is. Hy kon deur die vurk­tand­hei­ning sien hoe hard­loop men­se bin­ne die per­seel rond. Een van sy vrag­mo­tors het ge­brand.

“My kin­der­tjies het lam­me­tjies en gan­se wat ons daar aan­hou. Ek het ge­sien hoe gooi die be­to­gers die lam­mers oor hul skou­ers en loop met hul­le weg – 18 lam­mers en 40 gan­se, by­na my kin­ders se he­le boer­de­ry,” sê Van Ton­der.

Kort voor lank was nog twee vrag­mo­tors in lig­te laaie. Die on­der­ne­ming se kan­to­re is ge­plun­der. Die ska­de aan die vrag­mo­tors al­leen be­loop mil­joe­ne.

“Maar weet jy wat was be­moe­di­gend? Die ge­tal SMS’e wat ek van men­se van die towns­hip ge­kry het om te hoor of ons ou­kei is en te sê jam­mer oor ons ska­de.”

Toe volg die hof­saak waar­in Pieter Doore­waard en P­hil­lip S­chut­te van die 16-ja­ri­ge Mat­l­ho­mo­la se dood be­skul­dig word en on­der­ne­mings moes hul deu­re dae lank sluit.

“Ek kon vier dae se werk in 18 dae ge­doen kry. Dis ’n hel­se ver­lies aan in­kom­ste, ver­al met die drie vrag­mo­tors van die vloot wat uit­ge­brand is. Ek moes al van die dry­wers laat gaan.”

By die be­skul­dig­des se eer­ste hof­ver­sky­ning het po­li­sie­ver­ster­kings op­ge­daag – iets waar­oor die in­wo­ners baie dank­baar is.

Co­li­gny se dorp- en plaas­ge­meen­skap het ge­ry na die paaie wat by die dorp in­loop om op die uit­kyk te wees vir “e­le­men­te wat dalk hier­na­toe wil kom en net tot meer kon­fron­ta­sie tus­sen ras­se kan lei”.

Maan­dag is Doore­waard en S­chut­te op borg­tog vry­ge­laat. Kort daar­na het pe­trol­bom­me ’n plaas­huis in vlam­me ge­hul. Toe kom die nuus: Dr. Ra­bie Bar­nardt se huis aan die an­der­kant van die dorp is ook aan­ge­val.

Dié e­nig­ste dok­ter in die dorp was by sy prak­tyk op die per­seel aan­gren­send aan sy gras­dak­huis. Sy tuin- en huis­wer­kers het aan­ge­hard­loop ge­kom en ge­sê on­ge­veer 50 men­se is be­sig om die swaar mo­tor­hek oop te dwing en oor die mu­re te klim.

“Ons is eers by die voor­deur van my spreek­ka­mer uit, maar daar was be­to­gers in die straat. Toe moes ons oor ’n muur klim. ’n P­ri­va­te vei­lig­heids­wag het ons ge­sien en saam na my huis ge­gaan.

“Dit al­les was maar mi­nu­te, maar my huis was bin­ne ge­plun­der en het weens drie pe­trol­bom­me ge­brand.”

Die brand is met die hulp van die ge­meen­skap ge­blus, maar die ska­de is steeds dui­de­lik.

“Ek is al van 1990 die e­nig­ste dok­ter hier in Co­li­gny. Ek sien wit en swart pa­si­ën­te. Ek dok­ter. Ek gee me­di­sy­ne – soms teen ’n ver­min­der­de ta­rief as dit no­dig is.

“Hier­die ge­weld die laas­te tyd het ons al­mal in on­ge­loof en skok ge­laat. My vrou wil nie meer in die huis bly nie. Ons gaan dus ’n an­der huis soek of, as ons nie iets in Co­li­gny kry nie, moont­lik moet trek.”

Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, pre­mier van Noord­wes, en dr. Mp­ho Mot­l­ha­ba­ne, LUR vir ge­meen­skaps­vei­lig­heid en ver­voer, het gis­ter met wit in­wo­ners ge­praat en van die ska­de be­kyk wat in die be­to­gings aan­ge­rig is en toe na die towns­hip ge­gaan.

Ma­hu­ma­pe­lo het ag­ter­na ge­sê die wit men­se het hul vrees oor hul vei­lig­heid ge­lug, maar ook on­der­neem om saam met an­der be­vol­kings­groe­pe te werk om sta­bi­li­teit in Co­li­gny te her­stel.

Fo­to: DEAAN VIVIER

’n Po­li­sie­Cas­spir soos dié het nou ’n ge­reel­de ge­sig in Co­li­gny ge­word.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Dr. Ra­bie Bar­nardt ver­tel van die aan­val op sy huis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.