Ro­bot­te dwing ons om on­der­wys te her­ont­werp

Die dae is ver­by dat ’n kind vir 12 jaar skool toe ge­stuur word om te leer om vir ie­mand an­ders te gaan werk. Hul­le sal ge­reed ge­maak moet word vir ’n wê­reld waar­in elk­een in die een of an­der ma­te sy eie werk moet skep. Vak­ke soos fi­lo­so­fie en kre­a­ti­wi­tei

Beeld - - VOORBLAD -

A­me­ri­ka se pres. Do­nald Trump het in sy om­stre­de ver­kie­sings­veld­tog hoog op­ge­gee oor die baie werk­ge­leent­he­de vir fa­brieks­wer­kers wat hy uit C­hi­na gaan laat te­rug­keer A­me­ri­ka toe. Feit is dit gaan nie ge­beur nie.

In die be­gin­dae van C­hi­na se e­ko­no­mie­se ont­wa­king het tal­le A­me­ri­kaan­se maat­skap­pye hul ver­vaar­di­ging na C­hi­na ge­skuif waar men­se be­reid was om vir ’n hon­ger­loon ui­ters lang ure te werk.

In­tus­sen het A­me­ri­ka se Si­li­con Val­ley be­gin om ’n nu­we klas “wer­kers’” te skep wat be­reid is om vir nog min­der nog har­der te werk: ro­bot­te. Hul­le hoef nie e­tens­tye te neem nie en, be­hal­we in tye van in­stand­hou­ding, kan hul­le dag en nag werk son­der om te kla.

Hul­le is die eint­li­ke ste­lers van werk­ge­leent­he­de.

Ty­dens die Groot Re­ses­sie van 2008 tot so 2010 het ’n ge­skat­te 2,5 mil­joen hoogs op­ge­lei­de pro­fes­si­o­ne­le wer­kers, soos re­ken­mees­ters, regs­ad­vi­seurs en be­leg­gings­kon­sul­tan­te, per­ma­nent hul werk aan hier­die slim­ma­sjie­ne af­ge­staan.

Bui­ten­dien is dit goed­koop om ro­bot­te “op te lei”. Wan­neer ’n mens eers die kos­te aan­ge­gaan het om sag­te­wa­re te ont­wik­kel vir ’n se­ke­re taak, kan dit oor en oor in an­der ro­bot­te ge­ïn­stal­leer word. Om ro­bot­te te ge­bruik, sal dus veel goed­ko­per wees as om men­se op te lei en te ge­bruik.

Meer­der­heid gaan nie werk hê

Daar word ge­re­ken dat 50% van al­le werk­ge­leent­he­de waar­voor ’n mens voor­heen goeie na­skool­se op­lei­ding no­dig ge­had het, van nou tot 2025 gaan ver­dwyn.

Dié wat wel werk gaan hê, sal el­ke paar jaar kort, in­ten­sie­we her­op­lei­ding moet kry.

Uit Si­li­con Val­ley be­gin stem­me ál ster­ker op­klink dat die staat al­mal on­der­houd moet be­taal om­dat die groot­ste deel van die be­vol­king bin­ne­kort nie werk sal hê nie.

So ’n on­der­houd was on­langs ook ter spra­ke in ’n de­bat tus­sen Frank­ryk se pre­si­dents­kan­di­da­te.

Prof. Ro­bin Han­son van die Ge­or­ge Ma­son-U­ni­ver­si­teit in die VSA het in 2014 al be­re­ken dat ’n ten vol­le ge­ro­bo­ti­seer­de e­ko­no­mie waar­van die waar­de week­liks ver­dub­bel, nie on­denk­baar sal wees nie.

Dit be­te­ken dat die ro­bot­te ge­noeg “be­las­ting sal kan be­taal” om men­se son­der werk te on­der­hou.

Hier­die luuk­se sal waar­skyn­lik nie die Der­de­wê­reld­lan­de, met hul mas­sas swak op­ge­lei­de jong men­se, be­sko­re wees nie.

Fi­lo­so­fie en kre­a­ti­wi­teit

Vir Suid-A­fri­ka be­te­ken dit dat sko­le nie net hul leer­plan­ne nie, maar ook hul e­tos in­gry­pend moet ver­an­der. Ver­by is die dae dat ’n kind vir 12 jaar skool toe ge­stuur word om te leer om vir ie­mand an­ders te gaan werk.

Leer­lin­ge sal ge­reed ge­maak moet word vir ’n wê­reld waar­in elk­een in die een of an­der ma­te sy eie werk sal moet skep. Vak­ke soos fi­lo­so­fie en kre­a­ti­wi­teit sal dus ’n plek in die leer­plan moet kry.

Van­dag se leer­lin­ge sal moont­lik se­we of meer ver­skil­len­de be­roe­pe in hul le­we be­oe­fen en af­tree in ’n be­roep wat van­dag nog nie be­staan nie

In die B­rit­se koe­rant The Gu­ar­di­an, skryf die fi­lo­soof C­har­lot­te B­le­a­se on­langs:

“Bin­ne­kort sal skool­ver­la­ters an­der vaar­dig­he­de no­dig hê. In ’n wê­reld waar teg­nie­se vaar­dig­heid al hoe en­ger ge­spe­si­a­li­seer raak, sal daar ’n groot vraag wees na men­se met die vaar­dig­heid en self­ver­troue wat no­dig is om oor vak­dis­si­pli­nes heen te be­weeg.

“Ons het men­se no­dig wat be­reid en in staat is om vrae te vra waar­op Google nie ant­woor­de kan ver­skaf nie, soos: Wat is die e­tie­se ge­vol­ge van mas­sa-werk­loos­heid? Hoe moet ’n mens wel­vaart ver­sprei in ’n ge­di­gi­ta­li­seer­de sa­me­le­wing?

“Mid­de-in die po­li­tie­ke on­se­ker­heid van 2016 (toe die B­rit­te op B­rex­it be­sluit het) was Mi­cha­el D. Hig­gins, die pre­si­dent van Ier­land, ’n ba­ken van lig op dié ge­bied.

“In No­vem­ber ver­le­de jaar het hy ver­klaar ‘die on­der­rig van fi­lo­so­fie is een van die krag­tig­ste werk­tuie wat ons in die hand van ons kin­ders kan gee om hul­le te be­mag­tig in ’n wê­reld wat steeds meer kom­pleks en on­se­ker word.’ ”

Hig­gins het hom vir fi­lo­so­fie as skool­vak be­gin be­y­wer toe Ier­land in 2013 self on­der ’n fi­nan­si­ë­le kri­sis ge­stei­er het. Die ge­volg was dat dit in Sep­tem­ber ver­le­de jaar as keu­se­vak op ho­ër­skool in­ge­stel is.

In die 1980’s het dr. Luiz Al­ber­to Ma­cha­do, ’n fi­lo­soof van Ve­ne­zu­e­la, die wê­reld se eer­ste mi­nis­ter vir die “ver­ho­ging van in­tel­li­gen­sie” ge­word.

Hy het, in sa­me­wer­king met dr. Ed­ward de Bo­no, die va­der van la­te­ra­le den­ke, die vak “dink” op la­er­skool in­ge­voer. Dit was so ’n suk­ses dat van C­hi­na tot Ka­na­da hom ge­nooi het om soort­ge­ly­ke pro­gram­me te be­gin. On­ge­luk­kig het sy pro­gram ge­sneu­wel on­der pres. Hugo C­há­ves se so­si­a­lis­tie­se be­wind wat Ve­ne­zu­e­la tot by ban­krot­skap ge­lei het.

Prof. Da­wid van der Vy­ver, des­tyds van die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch, het die Up­trail Trust be­gin en met Ma­cha­do se steun kre­a­tie­we dink­vaar­dig­he­de aan swart sko­le be­gin do­seer.

Dit was ’n reu­se­suk­ses en die eer­ste swart ma­triek­mei­sie wat ’n A-sim­bool in wis­kun­de be­haal

het, het uit hier­die pro­gram ge­kom. On­ge­luk­kig het die pro­gram ná 1994 ge­sneu­wel om­dat bui­te­land­se sken­kers ge­re­ken het die Suid-A­fri­kaan­se re­ge­ring kan ge­rus nou self die pro­gram fi­nan­sier.

Dr. Ko­bus Neeth­ling en Gus­tav Pis­to­ri­us het self ver­stom­men­de re­sul­ta­te be­haal toe hul­le kre­a­tie­we denk­vaar­dig­he­de aan die ge­meen­skap van P­ha­la­bor­wa ge­leer het. Be­de­laars het by­voor­beeld smou­se ge­word en smou­se toer­gid­se.

In A­me­ri­ka was dr. Bere­ni­ce B­lee­dorn tot in haar 100ste jaar ’n on­ver­moei­de kamp­veg­ter vir die in­voer van kre­a­tie­we en kri­tie­se den­ke op skool.

Sy self het eers be­gin stu­deer toe sy reeds in die 50 was en het op 72 ’n dok­tors­graad in op­voed­kun­de ver­werf.

Sy was tot diep in die 80 di­rek­teur van die sa­ke­skool van die St. T­ho­mas-U­ni­ver­si­teit se sen­trum vir kre­a­ti­wi­teit in Min­ne­a­po­lis.

So be­lang­rik is haar werk ge­ag dat selfs Ti­me ’n be­rig oor haar dood ge­dra het.

Ver­an­der leer­plan­ne

Ons u­ni­ver­si­tei­te sal self ook drin­gend hul struk­tuur en leer­plan­ne moet her­sien.

Streng skei­ding tus­sen fa­kul­tei­te is nie lan­ger haal­baar nie en pro­fes­si­o­ne­le op­lei­ding is nie lan­ger ’n waar­borg dat jy werk sal kry nie.

P­leks van spe­si­fie­ke be­roeps­op­lei­ding sal daar ’n groei­en­de vraag wees na “ba­sie­se op­lei­ding” wat ’n stu­dent deur haar le­we sal help om van een vak­rig­ting na ’n an­der te be­weeg soos wat nu­we be­roe­pe ont­staan en ou­es ver­dwyn.

Se­ker die eer­ste Suid-A­fri­kaan­se maat­skap­py wat die waar­de be­sef het van op­lei­ding in die fi­lo­so­fie, was Ang­lo A­me­ri­can. In sir Er­nest Op­pen­hei­mer se dae (die 1950’s) het die maat­skap­py al be­gin soek na knap jong man­ne aan wie hy beur­se kon gee. Hy was ver­al op soek na men­se met Ox­ford se be­ken­de PPE­graad (phi­losop­hy, po­li­ti­cs and e­co­no­mi­cs).

Een van die tal­le be­ken­de Suid-A­fri­ka­ners wat sy loop­baan by Ang­lo be­gin het, was prof. De­rick Hen­der­son, la­ter rek­tor van die R­ho­des-U­ni­ver­si­teit. Na­dat hy ’n B-graad aan R­ho­des be­haal het, is hy Ox­ford toe waar hy nog ’n B-graad in fi­lo­so­fie en wis­kun­de be­haal het voor­dat hy by Ang­lo A­me­ri­can be­gin werk het.

La­ter het hy ook aan Cam­brid­ge en Har­vard stu­deer en een van die grond­leg­gers van re­ke­naar­we­ten­skap in Suid-A­fri­ka ge­word.

Nog ’n be­ken­de fi­lo­soof uit die Ang­lo A­me­ri­can-stal is C­lem Sun­ter, wat hom op toe­koms­kun­de en sce­na­ri­o­be­plan­ning toe­lê. Hy het ook ’n PPE-graad van Ox­ford.

Selfs me­di­ci en in­ge­ni­eurs sal nie die di­gi­ta­li­se­ring van werk vry­spring nie en sal toe­ne­mend met wis­kun­di­ge al­go­rit­mes – die “brei­ne” van ro­bot­te – moet mee­ding om werk.

Trou­ens, ie­mand wat ’n ser­ti­fi­kaat in haar­kap­pe­ry, skoon­heid­sorg of selfs lood­gie­te­ry be­haal, het ’n gro­ter kans op toe­koms­ti­ge werk­se­ker­heid as regs­ge­leer­des en re­ken­mees­ters.

In die VSA het se­ke­re hos­pi­ta­le al be­gin om die diens­te van al­ge­me­ne prak­ti­syns te “U­ber” en ding nou di­rek met p­ri­va­te prak­ty­ke mee.

Deur ’n app kan ’n mens ’n dok­ter vin­nig na jou huis laat kom om jou kwaal te be­han­del. Bui­ten­dien kan re­ke­naars reeds vin­ni­ger en goed­ko­per kor­rek­te di­ag­no­ses maak as wat ’n mens dit kan doen.

Die staat sal drin­gend vol­doen­de geld aan Suid-A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­tei­te en na­vor­sings­in­stel­lings moet voor­sien om meer ken­nis te ont­wik­kel.

Oor die vol­gen­de 30 jaar sal wê­reld­wyd meer ken­nis ont­wik­kel word as van die be­gin van die ge­skie­de­nis af tot nou toe. Lan­de wat nie ge­noeg eie ken­nis ont­wik­kel nie, sal op die een of an­der wy­se “ken­nis­ko­lo­nies” van “slim­mer” s­ta­te word.

Toe die ANC in 1994 oor­ge­neem het, was een van die eer­ste din­ge wat groot­liks in die slag ge­bly het, land­bou­na­vor­sing.

Van­dag het ons die punt be­reik dat vir el­ke le­pel pap wat ’n Suid-A­fri­ka­ner in sy mond steek, ons ’n “pap­be­las­ting” moet be­taal in die vorm van ou­teurs­aan­de­le aan die een of an­der groot saad­maat­skap­py in A­me­ri­ka.

Of die staat die in­sig en die po­li­tie­ke wil gaan hê om on­der­wys­her­vor­ming deur te voer, is te be­twy­fel.

As Suid-A­fri­ka wil keer dat hy een van die be­del­bak-lan­de word, sal on­der­wys waar moont­lik op al­le vlak­ke ge­pri­va­ti­seer moet word.

P­ri­va­te on­der­wys is wê­reld­wyd be­sig om een van die lo­nend­ste be­leg­gings­ge­leent­he­de van ons tyd te word.

■ Dr. Piet Mul­ler is ’n toe­koms­na­vor­ser en skry­wer. Piet­mul@i­con.co.za. Bron­ne: B­lee­dorn, B: C­re­a­ti­vi­ty is E­ver­y­bo­dy’s Bu­si­ness; The Gu­ar­di­an: P­hi­losop­hty can te­ach child­ren w­hat Google can’t; 24 A­pril 2017; Han­son, R.: The Fu­tu­rist, Jan. 2014 Ma­cha­do, L.A: The Rig­ht to Be In­tel­li­gent

Gra­fi­ka: MOR­NÉ SCHAAP

Dr. Ko­bus Neeth­ling, wat in­ter­na­si­o­naal er­ken­ning kry vir sy werk oor kre­a­ti­wi­teit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.