Tim No­a­kes se hof­stryd toe nie ver­by

Beeld - - VOORBLAD - Ja­na B­rey­ten­bach

Die Raad vir Ge­sond­heids­be­roe­pe van Suid-A­fri­ka (RGSA) gaan teen die uit­spraak ap­pel­leer waar­in prof. Tim No­a­kes op ver­skeie aan­klag­te, waar­on­der wan­ge­drag, on­skul­dig be­vind is.

’n O­n­af­hank­li­ke pa­neel van die RGSA het hom op 21 A­pril on­skul­dig be­vind. Vier van die vyf pa­neel­le­de het ten guns­te van No­a­kes be­slis en een lid het ge­meen hy is skul­dig.

Die aan­klag­te spruit uit ’n klag deur Clai­re Jul­sing-S­try­dom, voor­ma­li­ge pre­si­dent van die Ver­e­ni­ging vir Di­eet­kun­de in Suid-A­fri­ka, in 2014 ná ’n twiet van hom. Sy het ge­sê No­a­kes het me­die­se raad via T­wit­ter ge­gee en moet aan wan­ge­drag skul­dig be­vind word. Ná Jul­sing-S­try­dom se uit­tre­de het die RGSA as kla­er oor­ge­neem.

Die RGSA het Dins­dag ken­nis van ap­pèl by die raad in­ge­dien. Lui­dens die ken­nis­ge­wing sal die raad in­ge­vol­ge re­gu­la­sie 11(2) van die Wet op Ge­sond­heids­be­roe­pe ap­pèl aan­te­ken teen die he­le uit­spraak om­dat die kla­er meen die raad het ’n fout ge­maak.

A­dam Pi­ke, No­a­kes se regs­ver­teen­woor­di­ger, het gis­ter be­ves­tig hul­le sal ’n teen­ap­pèl in­dien om­dat kos­te nie aan die RGSA toe­ge­dien is nie. ’n Da­tum moet nog be­paal word.

Prof. Tim No­a­kes

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.