‘Te veel on­er­va­re spe­lers in SA span­ne’

Beeld - - VOORBLAD - Co­bus Claas­sen

Dit was baie on­ge­woon toe S­cott Ro­bert­son, die Cru­sa­ders se af­rig­ter, ver­le­de Sa­ter­dag­aand op Lof­tus Vers­feld uit­ge­wei het oor die leem­tes in Suid-A­fri­kaan­se rug­by.

’n Ki­wi wat vir ons kom ver­tel wat ver­keerd is met ons rug­by?

Daar is lank reeds vrae oor ons voor­ste spe­lers se fiks­heid en kon­di­si­o­ne­ring en Ro­bert­son het dit vir ons be­ves­tig: Die Suid-A­fri­kaan­se Su­per­rug­by­span­ne is nie fiks ge­noeg om met die Nieu-See­lan­ders by te hou nie.

Dié prent­jie is “baie dui­de­lik”, meen Ro­bert­son.

Daar is se­dert­dien tal­le me­nings ge­lug, wat al­les om en by met dié sie­ning strook.

Ro­bert­son meen ook dat die im­pak wat die uit­tog van spe­lers na Eu­ro­pa en Ja­pan op Suid-A­fri­kaan­se rug­by het, ge­voel word.

Daar gaan te veel er­va­ring en diep­te ver­lo­re, maan hy.

Heyneke Mey­er, voor­ma­li­ge S­pring­bok-af­rig­ter, stem heel­har­tig saam.

“Ons het baie goeie spe­lers, maar dit raak dees­dae al hoe moei­li­ker om ’n wen­span te bou.”

Mey­er sê toe die Bul­le in 2005 en 2006 in die half­eind­ron­de van die Su­per­reeks vas­ge­val het, het hy na­vor­sing ge­doen oor wat no­dig is om wel­slae in die kom­pe­ti­sie te be­haal.

“Jy het ’n he­le paar spe­lers no­dig wat al in 50 of meer toet­se ge­speel het, ’n er­va­re kap­tein en ’n ska­kel­paar van wê­reld­ge­hal­te.”

Toe die Bul­le in 2010 die Su­per-kroon ’n der­de keer in vier jaar ver­o­wer het, het die span meer as 300 toet­se op sy kerf­stok ge­had.

Vic­tor Mat­field, die kap­tein, het in daar­die sta­di­um reeds twee Wê­reld­be­ker­toer­nooie ag­ter die blad ge­had en in 92 toet­se ge­speel.

Mor­né S­teyn en Fou­rie du P­reez, wat self toe al 67 toet­se se er­va­ring tus­sen hul­le ge­had het, was Mey­er se ska­kel­paar.

Die Leeus is weer van­jaar Suid-A­fri­ka se groot hoop in die kom­pe­ti­sie.

Toe die Jo­han­nes­burg­se span gis­ter die Brum­bies in Can­ber­ra aan­ge­vat het, was daar maar vier Leeus – Li­o­nel Ma­poe, El­ton Jan­tjies, War­ren W­hi­te­ley en Fran­co Mos­tert – in die be­gin­span wat al toets­rug­by ge­speel het.

En nie een van die vier het al in meer as 15 toet­se diens ge­doen nie.

“Dink net wat­ter su­per­pak die S­tor­mers sou ge­had het as Du­a­ne Ver­meu­len en S­chalk Bur­ger nog vir hul­le ge­speel het.

“’n Meng­sel van daar­die er­va­ring saam met spe­lers soos E­ben Et­ze­beth, wat self al meer as 50 toet­se ge­speel het, en Pieter-S­te­ph du Toit, is wat jy in Su­per­rug­by no­dig het,” sê Mey­er.

Mey­er sê die Bul­le kan be­kers wen as al die jong spe­lers by Lof­tus ge­hou kan word.

“Ons al­mal weet dit gaan nie ge­beur nie. Ons kan nie be­kos­tig dat ’n spe­ler soos Jan Ser­fon­tein op 24 oor­see gaan speel nie.

“Geen rug­by­land kan so­veel er­va­ring en diep­te ver­loor nie. Die Bul­le se kap­tein is net 21 (Han­ro Lie­ben­berg) en Lood de Ja­ger word as ’n se­ni­or spe­ler be­skou, maar hy is self net 24.”

Dit lyk of dit ’n mi­te is dat ons Su­per­span­ne al hoe jon­ger raak.

Die vyf Suid-A­fri­kaan­se fran­chi­ses wat ver­le­de na­week in die elf­de ron­de ge­speel het, het ’n ge­mid­del­de ou­der­dom van 25,1 per spe­ler ge­had.

In 2007 het die Bul­le­be­gin­span in die eind­stryd teen die Haaie ’n ge­mid­del­de ou­der­dom van

25,2 ge­had. Die Haaie het daar­die jaar drie 20-ja­ri­ges – Frans S­teyn, Brad Bar­ritt en JP Pie­ter­sen

– in die ag­ter­lyn ge­had vir ’n ge­mid­del­de ou­der­dom van 26.

Toe die Bul­le en die S­tor­mers in 2010 in die eind­stryd teen me­kaar te staan ge­kom het, was die 30 spe­lers in die op­draf­span­ne ge­mid­deld 25,6 jaar oud.

An­dré Mark­graaff, wat in 1996 die Bok-af­rig­ter vir 13 toet­se was, sê die feit dat ons on­er­va­re af­rig­ters het, moet ook in ge­dag­te ge­hou word.

Vier van Suid-A­fri­ka se brei­ers, Nol­lis Ma­rais, Rob­bie F­leck, Fran­co S­mith en Deon Da­vids, is in hul twee­de jaar van Su­per­rug­by, ter­wyl dit Ro­bert du P­reez se de­buut­jaar as hoof­af­rig­ter by die Haaie is. “Niks klop er­va­ring nie. Toe ek die Bok­ke af­ge­rig het, was ek 40. Ek wens ek het des­tyds die wys­heid ge­had wat ek nou het.

“’n On­er­va­re af­rig­ter gáán fou­te maak en dit is hoe jy leer. Ed­die Jo­nes is in die ver­le­de drie keer ge­fi­re, maar word van­dag as een van die bes­tes ge­re­ken.”

Mark­graaff sê daar is goeie jong af­rig­ters in die land. “My vraag is net of hul­le toe­ge­laat gaan word om te groei en er­va­ring op te doen, of gaan hul­le soos so­veel an­der af­rig­ters ont­moe­dig word in ons rug­by­stel­sel?”

Heyneke Mey­er, die voor­ma­li­ge Bok­af­rig­ter, sê ’n er­va­re spe­ler soos Du­a­ne Ver­meu­len ont­breek in die S­tor­mers se agt­tal.

Bloed­jong spe­lers soos Jan Ser­fon­tein kies dees­dae koers oor­see, en word soms deur selfs jon­ger spe­lers ver­vang.

Fo­to’s: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.