Nu­we fiets­ren deur die ‘Wieg’ vir Gau­ten­gers

Die eer­ste Gla­cier Crad­le Tra­ver­se­berg­fiets­ma­ra­thon het ver­le­de na­week in die Wieg van die Mens­dom in Mul­ders­drift plaas­ge­vind. Dit is ’n ten­toon­stel­ling van die heel bes­te wat hier­die om­ge­wing het om te bied.

Beeld - - VOORBLAD - TERÉSA COET­ZEE @te­re­sa­coet­zee

Ons wag nou al baie lank vir ’n be­hoor­li­ke drie dag lan­ge berg­fiets­ma­ra­thon hier bo in ons ge­wes­te, en ver­le­de na­week het Dry­land die heel eer­ste Gla­cier Crad­le Tra­ver­se in die Wieg van die Mens­dom aan­ge­bied.

Dry­land is eint­lik be­kend vir sy Kaap­se by­een­koms­te soos die Ca­pe Pi­o­neer Trek, die Tank­wa Trek, die At­takwas Ex­tre­me en die S­torms­ri­vier Tra­ver­se, maar Dry­land het vin­nig ge­wys dat hy die­self­de stan­daard hier in Gau­teng kan kan hand­haaf.

So­wat 130 ry­ers van oor die land heen het die na­week in hier­die prag­ti­ge om­ge­wing aan die ma­ra­thon deel­ge­neem.

Die roe­tes

Ri­chard Be­s­wick het die roe­te in hier­die ge­skied­kun­di­ge en wê­reld­be­ken­de om­ge­wing uit­ge­lê en was ver­ant­woor­de­lik vir die bou van baie van die roe­tes wat vir die pu­bliek oop is. Hy ken hier­die om­ge­wing soos die palm van sy hand en min men­se sal by kom kan kers vas­hou as dit by die bou van hier­die roe­tes in die Wieg van die Mens­dom kom.

Be­s­wick het oor die ver­loop van drie dae vir deel­ne­mers aan die Crad­le Tra­ver­se die ge­leent­heid ge­gee om die heel bes­te van die om­ge­wing op hul berg­fiet­se te leer ken.

“Die roe­te was meer teg­nies as wat ek ver­wag het, maar ek dink tog ’n ge­mid­del­de fiets­ry­er sal dit kan baas­raak.

“Ons al­mal hou mos eint­lik van ’n lek­ker uit­da­ging, en om te kan sê jy het die Crad­le Tra­ver­se ge­ry en klaar­ge­maak, is al klaar ’n groot pres­ta­sie.

“Moe­nie dat die kort af­stan­de jou mis­lei nie, ’n mens werk el­ke ki­lo­me­ter hard,” het Es­tie van Heer­den, wat as die Trai­lQu­een be­kend staan, ge­sê.

Van Heer­den kon­sen­treer ver­al daar­op om berg­fiets­ry on­der vroue te be­vor­der.

Die eer­ste dag se skof is oor 41 km en die roe­te sluit de­le van die A­vi­an­to-berg­fiets­park in. Nu­we roe­tes is ook spe­si­aal in die a­sem­ro­wen­de kloof ag­ter

G­len­burn en Kloof­zicht Lod­ges uit­ge­lê en strek ook oor prag­ti­ge de­le op pri­vaat grond.

Die twee­de dag se roe­te oor 53 km is groot­liks oor die Crad­le Moon-berg­fiets­park, maar vir hier­die skof is ook splin­ter­nu­we roe­tes ge­bou.

In die der­de skof, wat oor 43 km strek, het die fiets­ry­ers die heel bes­te deel van die grond­ei­e­naar Pier­re Kot­ze se Kings­kloof be­leef.

“Wat my al­tyd sal by­bly van hier­die by­een­koms, is die groot hoe­veel­heid wild wat ons in die eer­ste twee skof­te in die ren ge­sien het.

“Ek het dit nie in my wild­ste dro­me ver­wag nie. As ie­mand vir my ge­sê het Gau­teng het sul­ke prag­ti­ge, on­ge­loof­li­ke berg­fiets­roe­tes, sou ek dit nooit ge­glo het nie. Ek is só be­ïn­druk,” het Nic­ky Webb, ’n fiets­ry­er van die Kaap, la­ter ge­sê.

Webb is ’n deur­win­ter­de berg­fiets­ry­er wat van­jaar haar der­de Ca­pe E­pic vol­tooi het en sy ry vir die I Lo­ve Boobies-veld­tog, wat geld vir die voor­ko­ming van bors­kan­ker in­sa­mel.

Die kui­er

Die Crad­le Tra­ver­se het op die A­vi­an­to-land­goed in die Wieg plaas­ge­vind. Hier­die prag­ti­ge Tos­kaan­se pron­ker het be­hoor­lik sy ve­re vir die fiets­ry­ers reg­ge­skud. A­vi­an­to is be­kend vir die spog­trou­es wat daar aan­ge­bied word, en al die e­tes wat ge­du­ren­de die fiets­ren voor­ge­sit is, het by­na soos ’n hu­we­liks­ont­haal ge­voel. Met die lek­ker­ste na­ge­reg­te!

Daar was ’n klein ten­te­dor­pie en die gees on­der die ry­ers was baie jo­lig. Be­dags het al­mal ge­kui­er in die klub­huis, waar René Ra­de­mey­er bont­ge­staan het met gra­tis fil­ter­kof­fie, koel­dran­ke, haar spe­si­a­le pie­sang­brood en an­der lek­ker­nye soos bil­tong, dro­ë­wors, sjo­ko­la­de – noem maar op. As jy hier hon­ger ly, is dit jou eie skuld.

En net in­ge­val jy jou­self nie oor­eet het aan die lek­ker ont­byt nie, was daar meer as ge­noeg ge­leent­heid om dit by die wa­ter­pun­te te doen.

Fiets­ry­ers wat Dry­land se men­se ken, weet teen dié tyd van Ca­rel Her­holdt se vol­struis­so­sa­ties wat hy som­mer daar langs die pad staan en braai. (My hart bok­spring al ki­lo­me­ters van die wa­ter­pun­te af wan­neer ek daai so­sa­ties in die ver­te be­gin ruik!)

Op die laas­te dag was daar tot ys­koue bie­re van die Ca­pe B­re­wing Com­pa­ny by die wa­ter­punt.

En na­tuur­lik het Ca­rel Be­zui­den­hout, die aan­bie­der, le­wen­di­ge ver­maak met sy u­nie­ke en skreeu­snaak­se sê­goed en pit­tig­he­de ver­skaf.

Ná die ma­ra­thon het Her­holdt, Hen­co Ra­de­mey­er en Ber­nard le Roux, die drie ei­e­naars van Dry­land, ge­sê hul­le is baie te­vre­de met die ver­loop van die heel eer­ste Crad­le Tra­ver­se.

“Ons het van­jaar let­ter­lik vir el­ke fiets­ry­er ’n wer­ker ge­had, en die deel­ne­mers kon pre­sies sien wat die stan­daard van ons by­een­koms­te is,” het Ra­de­mey­er ge­sê.

Vir meer in­lig­ting, be­soek crad­le­tra­ver­se.co.za.

Pa­s­op vir die se­bra! ’n Groot ver­skei­den­heid wild is in die eer­ste twee skof­te van die Crad­le Tra­ver­se te sien. Fo­to’s: OAKPICS

’n Ton­nel on­der­deur die pad op die A­vi­an­to­land­goed in Mul­ders­drift.

Die ry­ers moet hul sto­rie ken op van die paad­jies.

’n Prag­ti­ge ge­sig by Crad­le Moon wat in die twee­de skof van die Crad­le Tra­ver­se val.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.