5 uit 5 vir die Leeus teen Aus­sies

Beeld - - VOORBLAD - Ti­nus van S­ta­den

‘H oe het ons dié een ge­wen?”

Dít was Jo­hann Ac­ker­mann, die Leeus-brei­er, en sy reg­ter­hand, S­wys de Bruin, se vraag aan me­kaar na­dat die eind­fluit­jie Vry­dag in Can­ber­ra ge­blaas het.

Die Leeus het, son­der om veel van die speel­werk te doen, die Brum­bies met 13-6 in hul Su­per­rug­by-stryd ge­klop.

“Dit was nie mooi nie. Ek en S­wys het ná die tyd vir me­kaar ge­sê ons weet nie hoe ons dié wed­stryd ge­wen het nie,” sê Ac­ker­mann.

Die Leeus het baie min bal­be­sit ge­had en wan­neer hul­le wel die bal ge­had het, het on­no­di­ge fou­te hul mo­men­tum ge­knie­hal­ter.

“Dit was se­ker een van die wed­stry­de in die laas­te drie of vier jaar waar­in ons die min­ste rug­by ge­speel het.

“Ons was net glad nie vloei­end nie. Hul­le het baie druk op ons ge­plaas en ons kon nie die bal kry nie.

“Ná meer as 25 mi­nu­te het ons nog nie een aan­val­len­de be­we­ging van sta­pel ge­stuur nie. Ons het die heel­tyd ver­de­dig. Ons het nie die half­lyn een­keer oor­ge­steek tot op daar­die sta­di­um nie. Maar toe die fluit­jie rus­tyd blaas en ons is slegs met 3-0 ag­ter, toe weet ons ons is steeds in die wed­stryd. Want die spe­lers veg al­tyd tot die ein­de,” sê hy.

Die se­ge is der­hal­we baie spe­si­aal vir die trop – ver­al om­dat hy nou spog met vyf se­ges in vyf Su­per-stry­de teen Aus­tra­lie­se span­ne van­jaar, waar­van drie Doer On­der was.

“Ons is baie dank­baar en te­vre­de met die drie se­ges op toer. Dit hou die mo­men­tum aan die gang en daar is nog baie har­de werk om by die huis te gaan doen.

“Ons moet steeds ver­be­ter wan­neer dit nat is en die wed­stryd sta­di­ger is.

“Ons lyk dan nie al­tyd so goed soos ons wil nie. Maar wan­neer dit ’n na­el­byt­stryd is, is dit be­lang­rik om goeie be­slui­te te neem en kalm te bly. En daar het die span baie ge­groei,” sê hy.

Die brei­er was ver­heug oor die ka­rak­ter wat sy span ge­toon het in ’n wed­stryd waar­in die druk baie hoog was.

“Die druk was am­per soos in ’n toets­wed­stryd. Daar was dalk nie die in­ten­si­teit van ’n toets nie, maar hul­le het ons on­der on­ge­loof­lik baie druk ge­plaas. Daar was baie op die spel,” sê Ac­ker­mann.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die Leeus se los­ska­kel, El­ton Jan­tjies, duik die Brum­bies se sen­ter Ky­le God­win in die span­ne se Su­per­rug­by­stryd gis­ter in Can­ber­ra. Dit was se­ker een van die wed­stry­de in die laas­te drie of vier jaar waar­in ons die min­ste rug­by ge­speel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.