Woe­de oor Mo­le­fe: ‘Pos hom weer!’

Hof sal moet sê

Beeld - - NUUS - L­le­wel­lyn P­rin­ce

B­ri­an Mo­le­fe se her­aan­stel­ling by E­s­kom gaan be­slis in ’n hof be­twis word. Die DA het gis­ter­mid­dag aan­ge­kon­dig hy gaan hof toe om Mo­le­fe se te­rug­keer as uit­voe­ren­de hoof ter­sy­de te laat stel.

Die EFF win ook regs­ad­vies in “om dié waan­sin te stop”.

Selfs die ANC het met woe­de ge­re­a­geer op die “jam­mer­li­ke en roe­ke­lo­se” be­sluit.

Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, het gis­ter in die par­le­ment die be­sluit pro­beer reg­ver­dig deur te sê dit sal “goed­ko­per” vir Suid-A­fri­ka wees om Mo­le­fe weer aan te stel as om hom ’n goue hand­druk van R30 mil­joen te be­taal. Sy het vroe­ër die uit­be­ta­ling van die be­drag ge­stuit.

Sy her­aan­stel­ling is met skok en on­ge­loof be­groet.

Cor­rup­ti­on Wa­tch oor­weeg ook reg­stap­pe en Sa­ve South A­fri­ca het Vry­dag sy pro­ku­reurs ge­raad­pleeg om “Mo­le­fe

uit E­s­kom te hou”. Sa­ve South A­fri­ca be­plan om met pro­tes­op­tog­te Suid-A­fri­ka­ners se woe­de met dié be­sluit te ken­ne te gee.

Die IVP en die DA gaan die par­le­ment ver­soek om ’n ad hoc­ko­mi­tee aan te stel om Mo­le­fe se ge­skikt­heid vir die pos én E­s­kom in die ge­heel te on­der­soek.

Mo­le­fe het gis­ter as ANC-LP be­dank so­dat hy weer sy in­trek in die E­s­kom-hoof­kan­toor kan neem.

Hy het in Ja­nu­a­rie hui­lend by E­s­kom be­dank ná ver­doe­men­de ge­tui­e­nis in adv. T­hu­li Ma­don­se­la, voor­ma­li­ge o­pen­ba­re be­sker­mer, se ver­slag oor staat­skaping wat Mo­le­fe ver­bind met die on­re­ël­ma­ti­ge toe­ken­ning van kon­trak­te aan maat­skap­pye van die om­stre­de Gup­ta-fa­mi­lie.

Bro­wn het gis­ter ge­sê Mo­le­fe en die E­s­kom-di­rek­sie het oor­een­ge­kom dat hy die oor­bly­wen­de twee en ’n half jaar van sy aan­vank­li­ke kon­trak sal uit­dien.

Hy sal ook al­le geld te­rug­gee wat se­dert sy be­dan­king as deel van sy pen­si­oen­oor­een­koms aan hom be­taal is. Sa­ke be­rig dít be­loop so­wat R7 mil­joen.

Vol­gens Bro­wn is sy nie blind vir die o­pen­ba­re ver­ont­waar­di­ging oor dié be­sluit nie.

“Die ver­ont­waar­di­ging gaan oor die ver­slag oor staat­skaping. Die ver­slag be­veel wel net aan dat ver­de­re on­der­soek na be­we­rings van staat­skaping ge­doen word.” Bro­wn sê tot­dat pres. Ja­cob Zu­ma ’n reg­ter­li­ke kom­mis­sie van on­der­soek aan­stel om die be­we­rings ver­der te on­der­soek, is Mo­le­fe on­skul­dig.

“Dit is meer ’n e­tie­se ver­ont­waar­di­ging. Hy moet wel as on­skul­dig be­skou word tot­dat hy skul­dig be­vind word.”

Da­vid Le­wis, uit­voe­ren­de di­rek­teur van Cor­rup­ti­on Wa­tch, sê hy het aan dr. Ben N­gu­ba­ne, voor­sit­ter van die E­s­kom-di­rek­sie, en Bro­wn ge­skryf en on­der meer af­skrif­te ge­ëis van kor­re­spon­den­sie tus­sen N­gu­ba­ne, Mo­le­fe en Bro­wn oor hul be­sluit. “Dit is ’n be­lag­li­ke be­sluit van die E­s­kom-di­rek­sie en kan nie toe­ge­laat word nie.”

Na­ta­sha Maz­zo­ne, DA-woord­voer­der oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings, het Bro­wn se reg­ver­di­ging as “on­eer­lik en on­waar” af­ge­maak.

“In die lig van die on­juis­te re­des en die to­ta­le ir­ra­si­o­na­li­teit van dié be­sluit, sal ons weer die ho­we na­der om sy ‘her­ont­plooi­ing’ deur die ANC-re­ge­ring ter­sy­de te laat stel.”

M­buyi­se­ni Nd­lo­zi, EFF-woord­voer­der, sê Mo­le­fe is ’n “be­dor­we brok­kie” van die Gup­tas.

“Die ANC sê al­tyd dat men­se deur die ho­we wil re­geer. Dit word ver­oor­saak deur sul­ke waan­sin­ni­ge be­slui­te wat van ons as ’n land ’n be­spot­ting en pie­sang­re­pu­bliek maak. Die EFF sal dit nie toe­laat nie.”

Co­sa­tu sê Bro­wn se “on­oor­tui­gen­de” ver­dui­de­li­king is ’n be­wys dat Suid-A­fri­ka deur ’n “kor­rup­te o­li­gar­gie” ge­re­geer word “wat aan nie­mand aan­spreek­lik is nie”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.