Rol­stoel­toets op kam­pus

Beeld - - NUUS - Seug­net van Zyl

Hoe toe­gank­lik is die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (UP) se hoof­kam­pus vir ge­strem­des?

Om vas te stel het ’n groep jong ge­strem­des gis­ter die kam­pus te voet of in hul rol­stoe­le ge­toets.

Die Sen­trum vir Aan­vul­len­de en Al­ter­na­tie­we Kom­mu­ni­ka­sie (Saak) op die kam­pus en die de­par­te­ment van spraak-taal­pa­to­lo­gie en ou­di­o­lo­gie het die dag in sa­me­wer­king met die trans­for­ma­sie­ko­mi­tee ge­re­ël.

Ro­byn W­hi­te van Saak sê men­se met ge­stremd­he­de voel dik­wels ge­mar­gi­na­li­seer en uit­ge­sluit van ho­ër on­der­wys.

16 jong vol­was­se­nes van die Pathways-P­re­to­ria S­tu­dio, ’n sen­trum vir fi­siek en ver­stan­de­lik ge­strem­de jong vol­was­se­nes van 17 jaar en ou­er, het saam met per­so­neel­le­de en ver­sor­gers van die sen­trum deel­ge­neem.

Hul­le was skaars van die sen­trum se gras­perk af op pad na die ka­fe­te­ria toe hul­le die eer­ste hin­der­nis te­ë­kom: ’n U­ni­ver­si­teits­mo­tor was reg voor die rols­toe­l­af­rit ge­par­keer.

Hul­le moes toe oor die pad kom, net om weer deur die trap­pe voor die ka­fe­te­ria ge­kort­wiek te word.

Frans Se­loi het Ge­or­ge Sny­man in sy rol­stoel da­de­lik by die trap­pe af­ge­help.

Eers la­ter het hul­le ge­sien daar is wel ’n an­der roe­te na die ka­fe­te­ria.

Hul­le het ook aan ’n drie­been­re­sies deel­ge­neem en C­ha­ra­des ge­speel.

W­hi­te sê die jong men­se sal nou ’n kort vra­e­lys in­vul om te be­paal hoe toe­gank­lik hul­le die kam­pus ge­vind het.

Prof. Ju­an Bor­n­man het die sen­trum meer as 20 jaar ge­le­de ge­stig om men­se wat weens on­der meer ge­stremd­heid nie op ge­wo­ne ma­nie­re kan kom­mu­ni­keer nie, al­ter­na­tie­we me­to­des van “praat” te leer.

Sy het gis­ter saam met Ko­sie S­choe­man, wat Do­wn se sin­droom het, aan die drie­been­re­sies deel­ge­neem.

S­choe­man is Saak se pos­bo­de en het ook al in die se­pie 7de Laan ver­skyn.

Prof. Ju­an Bor­n­man, stig­ter van die Sen­trum vir Aan­vul­len­de en Al­ter­na­tie­we Kom­mu­ni­ka­sie, en Ko­sie S­choe­man neem aan ’n drie­been­re­sies deel.

Fo­to’s: LISA HNATOWICZ

Frans Se­loi help Ge­or­ge Sny­man om in sy rol­stoel by die trap­pe voor die ka­fe­te­ria op die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria se hoof­kam­pus af te kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.