Piet Bo­tha maan­de lank nie op ver­hoog

Sal weer moet leer om te loop

Beeld - - NUUS - Na­di­ne T­heron

Piet Bo­tha sal min­stens drie maan­de lank nie kan op­tree nie. Hy sal ook nog ’n week lank in die hos­pi­taal moet bly om aan te sterk voor­dat hy huis toe sal kan gaan.

Bo­tha het Dins­dag ’n o­pe­ra­sie on­der­gaan om sy rug­wer­wels met staal en skroe­we te heg.

“Ek het nog baie pyn, maar hul­le sê dit vat maar ’n ruk voor­dat dit weg­gaan,” het hy gis­ter in die Ne­t­ca­re-kli­niek in Mar­ga­te aan die K­waZu­lu-Na­tal­se suid­kus ge­sê.

Hy het twee we­ke ge­le­de in ’n kon­sert van sy blu­es­rock­groep Jack Ham­mer op die Suid­kus-mo­tor­fiets­fees van die ver­hoog ge­val en sy rug ge­breek.

Hy sê die o­pe­ra­sie was ’n suk­ses.

“Hul­le moes ’n he­le ding prak­seer; dis on­ge­loof­lik wat hul­le moes doen.”

Bo­tha hoop om teen vol­gen­de na­week weer by die huis te wees.

“Ek sal min­stens nog ’n week in die hos­pi­taal moet bly vir fi­si­o­te­ra­pie en goed wat ge­doen moet word.

“Ek sal weer moet leer om te loop.”

Hy lees, slaap baie en ‘peins maar oor die le­we’.

Bo­tha sou ein­de van­dees­maand saam met Jack Ham­mer by die jaar­lik­se S­trab-mu­siek­fees in Mo­sam­biek op­ge­tree het, maar dit is ook nou van die baan.

Die res van die groep gaan wel steeds daar­heen en Ja­ke Gunn en Jo­na­than Mar­tin sal in sy plek sing.

“Ek is heel or­raait,” sê Bo­tha. Hy sê hy lees, slaap baie en “peins maar oor die le­we”.

Sy dog­ters was al­mal van­dees­week by hom, maar is te­rug huis toe.

Fo­to: EDREA DU TOIT

Piet Bo­tha

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.