Le­de van po­li­sie sê hul­le is bang

Beeld - - NUUS - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

“Me­neer die mi­nis­ter, ons as die po­li­sie is bang om hier te werk,” het po­li­sie­be­amp­tes gis­ter in Riet­gat en Ma­bo­pa­ne, noord van P­re­to­ria, aan Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, ge­sê.

Hul­le word ge­reeld aan­ge­val en vrees vir hul le­we, het be­amp­tes van dié po­li­sie­kan­to­re ge­sê toe M­ba­lu­la ’n ver­ras­sings­be­soek daar af­ge­lê het.

Hy het ge­sê daar is baie pro­ble­me in die po­li­sie­diens en sa­me­wer­king is no­dig om vol­hou­ba­re op­los­sings daar­voor te kry.

“Die ver­hou­ding tus­sen die po­li­sie en aan­kla­ers moet ver­be­ter. Dit is nie reg dat mis­da­di­gers in heg­te­nis ge­neem word en dan dae la­ter te­rug is op straat nie.”

Hy sê die po­li­sie weet wie en waar die boe­we is. “Hoe­kom word hul­le nie ge­vang nie?

“Nog ’n groot pro­bleem is saak­dos­sie­re wat net ver­dwyn.

Dit kan nie so aan­gaan nie.”

Le­de van die plaas­li­ke ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum (GPF) was ook daar en wou weet of M­ba­lu­la vir hul­le toe­lae kan re­ël.

“In dié sta­di­um is dit nie vol­hou­baar nie. Al doen ek dit nou, sal jul­le ses maan­de la­ter in die stra­te be­toog en eis dat jul­le per­ma­nen­te pos­te moet kry. Ek ver­staan jul­le doen baie har­de werk en ons is dank­baar, maar toe­lae is nie nou vol­hou­baar nie. Jul­le is nie die eer­ste GPF wat so ’n ver­soek rig nie,” het hy ge­sê.

Lt.genl. K­ho­mot­so P­hahla­ne, waar­ne­men­de na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris,

het die be­soek mee­ge­maak.

Frans Ra­mo­di­ka, ’n ge­meen­skaps­ver­teen­woor­di­ger, het ge­sê hul­le kort drin­gend be­hoor­li­ke stal­le­tjies waar straat­smou­se hul sa­ke kan doen. Om­dat smou­se moet rond­be­weeg, is dit mak­lik vir dwelm­han­de­laars om tus­sen hul­le te ver­dwyn.

“Dit is on­ge­loof­lik be­sig hier. As ons weet wie werk uit wat­ter stal­le­tjie, is die dwelm­pro­bleem half­pad op­ge­los. Maar nee, men­se is o­ral hier, daar is geen or­de of struk­tuur nie,” het hy ge­sê.

M­ba­lu­la en P­hahla­ne het be­lo­we om te kyk wat ge­doen kan word.

Fo­to’s: LISA HNATOWICZ

Po­li­sie­le­de gis­ter op pa­ra­de ty­dens ’n ver­ras­sings­be­soek van Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, aan po­li­sie­kan­to­re noord van P­re­to­ria.

Fi­ki­le M­ba­lu­la praat gis­ter met po­li­sie­be­amp­tes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.