‘Ons wou nie­mand seer­maak nie – ver­ge­we ons’

Beeld - - NUUS - Han­nes Kru­ger

‘D it was nog nooit ons be­doe­ling om e­nig­ie­mand seer te maak, te na te kom of te ver­ne­der nie.”

So sê Ve­nes­sa S­choe­man van Car­pe Diem Me­dia, wat die boek uit­ge­gee het waar­in G­re­tha Wi­id ge­skryf het dit is “hart­seer” om ho­mo­sek­su­eel te wees.

S­choe­man het op Fa­ce­book om ver­sko­ning ge­vra aan men­se wat Wi­id se stand­pun­te oor ho­mo­sek­su­a­li­teit aan­stoot­lik vind.

’n Her­rie het op so­si­a­le me­dia los­ge­bars toe fo­to’s van twee blad­sye oor ho­mo­sek­su­a­li­teit uit Wi­id se boek Lyfslim vir mei­sies op Fa­ce­book ge­deel is.

S­choe­man skryf in re­ak­sie op Fa­ce­book: “In ons klein wê­reld het ’n storm los­ge­bars oor ’n boek wat ons uit­ge­gee het. Die le­we voel nie al­tyd reg­ver­dig nie en deur dit al­les pro­beer al­mal net kop bo wa­ter hou.”

Sy skryf sy wil men­se ver­se­ker dat sy en al­mal by Fi­nes­se en Car­pe Diem Me­dia men­se nog al­tyd net wou in­spi­reer.

“Daar­om wil ek van­dag uit my hart jam­mer sê as ek of ons maat­skap­py jou seer­ge­maak het met ons woor­de, ons aan­we­sig­heid of ons af­we­sig­heid. Dit was en sal ook nooit ons be­doe­ling wees nie. Ver­ge­we ons daar­voor, want ons be­sef – you too are fig­ht-

Coe­nie S­choe­man, uit­voe­ren­de hoof van Car­pe Diem Me­dia, kon se­dert Woens­dag nie vir kom­men­taar be­reik word nie.

In­tus­sen het Gie­lie Hoff­mann, gees­tes­brei­er, ou­don­der­wy­ser en be­ra­der, ’n klag by die Men­se­reg­te­kom­mis­sie teen Wi­id aan­han­gig ge­maak.

Hoff­mann sê Wi­id mis­lei “kwes­ba­re min­der­ja­ri­ges” en dit is roe­ke­loos om sul­ke uit­la­tings in ’n tie­ner­boek te maak.

“Haar uit­spra­ke is ver­doe­mend en sim­plis­ties en son­der hoop vir ’n kind wat wor­stel. Sy gee ’n uit­ge­dien­de taal en per­spek­tief vir ’n nu­we ge­ne­ra­sie om hier­oor te dink.”

Wi­id het ge­skryf sy stem nie saam met men­se wat sê men­se word ho­mo­sek­su­eel ge­bo­re nie en dat dit “hart­seer” is om ho­mo­sek­su­eel te wees.

“On­ge­ag wat die re­des vir ho­mo­sek­su­a­li­teit is (of jy nou met my saam­stem of nie), dit bly hart­seer. Sul­ke men­se kan nooit op die nor­ma­le ma­nier kin­ders hê nie. En sou hul­le kin­ders aan­neem, sal die kin­ders nooit die won­der­li­ke voor­reg hê om ’n pap­pa én mam­ma te hê nie,” lui ’n pa­ra­graaf in die boek.

Sy skryf ook ’n seun kan gay word “om­dat hy nie lief­de by sy pa kry nie, baie ver­ne­der word of heel­dag ge­slaan en hard han­teer word”.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.