Pa­rys­saak: ‘Twee aan brein­be­se­rings dood’

Wys hul­le is aan­ge­rand, hoor hof

Beeld - - NUUS - A­let van der Walt

Boe­ta van der West­hui­zen (47), An­ton Log­gen­berg (50), kapt. Henk Prins­loo (47), Loe­die van der West­hui­zen jr. (19), Cor Log­gen­berg (20) en Mie­la Jan­sen van Vuur­en (23) word van die moord op Sa­mu­el T­jixa en Si­mon Ju­be­ba aan­ge­kla.

Die twee mans wat ver­le­de jaar ná ’n moont­li­ke plaas­aan­val bui­te Pa­rys dood is, is al­bei aan brein­be­se­rings dood, het dr. Bu­ang Lai­ri gis­ter in die rond­gaan­de hof in Pa­rys ge­tuig.

Boe­re en an­der ge­meen­skaps­le­de het Si­mon Ju­be­ba (37) en Sa­mu­el T­jixa (28) op 6 Ja­nu­a­rie 2016 aan­ge­keer na­dat Loe­die van der West­hui­zen sr., ’n be­jaar­de boer van die Wei­veld­ge­bied bui­te Pa­rys, ’n nood­knop­pie ge­druk het.

Tien­tal­le in­wo­ners van die dis­trik het Van der West­hui­zen sr. te hulp ge­snel en T­jixa en Ju­be­ba op ’n na­bu­ri­ge plaas aan­ge­keer.

Ses mans word van moord op dié twee aan­ge­kla. Hul­le is Boe­ta van der West­hui­zen (47), An­ton Log­gen­berg (50), kapt. Henk Prins­loo (47), Cor Log­gen­berg (20), Loe­die van der West­hui­zen jr. (19) en Mie­la Jan­sen van Vuur­en (23).

Lai­ri het die lyk­skou­ings op Ju­be­ba en T­jixa op 13 Ja­nu­a­rie ge­doen. Hy het gis­ter ge­tuig hul­le het veel­vul­di­ge be­se­rings op­ge­doen wat tot hul dood kon lei, maar hul­le is aan brein­be­se­rings dood.

Op ’n vraag van adv. Ja­bu­la­ni Mlotshwa, vir die staat, het Lai­ri ge­sê die be­se­rings strook met wat ’n mens sien wan­neer ie­mand aan­ge­rand is. T­jixa het drie ge­breek­te rib­be ge­had en daar was ook skaaf- en kneus­plek­ke aan die bo­lyf. Hy is moont­lik deur ie­mand op die grond ge­sleep.

’n Re­wol­wer is aan Lai­ri ge­wys en hy is ge­vra of van die be­se­rings op T­jixa se kop deur die re­wol­wer ver­oor­saak kon word. Hy het ge­sê dit is moont­lik, want die won­de is deur ’n stomp voor­werp ver­oor­saak.

Ga­wie Coet­zer het Don­der­dag vir die staat ge­tuig hy het sy pa se re­wol­wer, een van die be­wys­stuk­ke, aan Van der West­hui­zen jr. ge­gee op die to­neel waar T­jixa en Ju­be­ba glo aan­ge­rand is.

Lai­ri het ge­sê die be­se­rings wat Ju­be­ba op­ge­doen het, kom ook oor­een met dié van ie­mand wat aan­ge­rand is.

Ju­be­ba se brein was erg ge­swel en hy meen dit was die oor­saak van sy dood. Nie een van die mans het ske­del­breuk op­ge­doen nie, maar hul­le het wel brein­be­se­rings ge­had.

Mlotshwa het Lai­ri ge­vra of ie­mand sul­ke be­se­rings kan op­doen as ie­mand op sy kop trap. Hy het ge­sê selfs as ’n klei­ne­ri­ge man op ie­mand se kop trap, kan dit tot die slag­of­fer se dood lei. Die be­se­rings wat Ju­be­ba en T­jixa op­ge­doen het, moes met ge­weld toe­ge­dien ge­wees het.

Lai­ri ge­tuig Maan­dag ver­der.

Fo­to: DEON RAATH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.