Huis­wer­ker in tronk dood voor­dat moord­saak be­gin

Beeld - - NUUS - Je­a­nel­le G­rey­ling

’n Huis­wer­ker wat glo haar werk­ge­wer met ’n mes dood­ge­steek het, is dood voor­dat haar saak in die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg aan­ge­hoor kon word.

Nor­ma Mu­don­do sou gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg ver­skyn het.

Sy het te­reg­ge­staan vir die moord op Wil­ma van Ton­der (42) en roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de.

“Die saak is van die hof­rol ver­wy­der om­dat die be­skul­dig­de dood is,” het reg­ter Ra­tha Mok­go­athleng ge­sê.

Hy het nie be­son­der­he­de van die oor­saak van Mu­don­do se dood ge­gee nie.

Mu­don­do is op 20 No­vem­ber ver­le­de jaar in Flo­ri­da La­ke, Roo­de­poort, in heg­te­nis ge­neem.

Sy was se­dert haar in­heg­te­nis­ne­ming in aan­hou­ding.

Van Ton­der, ’n huis­vrou van Lo­ne­hill in Sand­ton, is op 12 Ok­to­ber ver­le­de jaar – en­ke­le dae voor haar 43ste ver­jaar­dag – met ’n mes dood­ge­steek.

Haar vyf­ja­ri­ge seun­tjie het ure by haar lyk ge­wag voor­dat sy pa, Ma­rio, by die huis aan­ge­kom het.

Die kind se kle­re was vol bloed.

Wil­ma se broer, Wil­kus van Ton­der, het ná haar moord Wil­ma van Ton­der

ge­sê die seun­tjie het glo vir sy ma se moor­de­naar ge­vra of sy hom “ook gaan ver­moor”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.