Reeks­ver­krag­ter kry le­wens­lank

Beeld - - NUUS -

’n Reeks­ver­krag­ter van Lim­po­po is tot le­wens­lan­ge tronk­straf en ’n by­ko­men­de 165 jaar ge­von­nis na­dat hy ’n skrik­be­wind in die pro­vin­sie ge­voer het.

Lu­cas Ma­lo­kol­le P­ha­la­ne (29) is Don­der­dag in die hoog­ge­regs­hof in Po­lo­kwa­ne ge­von­nis.

Hy het 11 vroue van 2011 tot Maart 2016 ver­krag. Sy jong­ste slag­of­fer was ’n 13-ja­ri­ge mei­sie. Hy kon nie ver­bind word met nóg vyf ver­krag­tings waar­van die po­li­sie hom ver­dink het nie.

Mas­hu­du Ma­la­bi-D­z­han­gi, woord­voer­der van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag in Lim­po­po, sê P­ha­la­ne het ver­al in die nag ’n skrik­be­wind ge­voer in die Bur­gers­fort-, T­za­nee­nen Le­ny­e­nye-ge­bied.

Hy het by van die slag­of­fers se hui­se in­ge­breek en hul­le met ’n vuur­wa­pen en mes aan­ge­hou. Hy het ook van sy slag­of­fers wat saans al­leen huis toe ge­stap het, oor­val en ver­krag.

– Ma­rie­tie Louw­Car­stens

6

NUUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.