Ro­wer kry koe­ël in ag­ter­ste­we

Beeld - - NUUS -

’n Mo­to­ris het Don­der­dag­mid­dag een van die drie mans wat hom in Sun­ny­si­de, P­re­to­ria, pro­beer be­roof het, in die boud ge­skiet.

Kapt. Da­niel Ma­vim­be­la, po­li­sie­woord­voer­der, sê die mo­to­ris het om­streeks 15:00 by ’n rooi ver­keers­lig in S­te­ve Bi­ko­weg stil­ge­hou toe die mans by sy ven­ster ver­skyn. Een het ’n mes ge­had.

“Sy ven­ster was oop. Een van die die­we het die mo­tor af­ge­ska­kel en hul­le het sy be­sit­tings ge­ëis.

“Hy het sy vuur­wa­pen uit­ge­haal son­der dat hul­le dit sien. Hy het ’n skoot ge­vuur en een van hul­le is in die boud ge­tref,” sê Ma­vim­be­la.

Die ge­won­de man is in ’n sta­bie­le toe­stand in ’n P­re­to­ri­a­se hos­pi­taal.

Vol­gens Ma­vim­be­la sal hy in die land­dros­hof ver­skyn so­dra hy ge­sond ge­noeg is. Die po­li­sie is steeds op soek na die an­der twee.–

Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.