Be­gin weg­breek nou?

Kon­gres kan nu­we era in­lui

Beeld - - NUUS - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Die ANC loop die ge­vaar dat hy sta­dig sal dis­in­te­greer, want hy het ge­wel­dig ver­swak. Daar­om moet hy her­op­ge­bou en ver­nu­we word.

Die par­ty moet sy fou­te reg­stel, het adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa gis­ter op die ANC se Noord-Kaap­se kon­gres in Co­les­berg ge­sê.

Bron­ne meen die kon­gres, wat die na­week voort­duur, kan die amp­te­li­ke weg­breek van die Zu­ma-on­der­steu­nings­ba­sis in die ANC in­lui.

Ra­map­ho­sa is met toe­jui­ging en ANC-vlag­gies op die kon­gres ver­wel­kom.

Hy be­na­druk dat die ANC weer na die men­se moet be­gin luis­ter en toe­ge­wy­de diens­le­we­ring voor­op moet stel.

“Die Noord-Kaap se men­se kan met die ver­nu­wings­pro­ses van die ANC be­gin deur op Vry­dae ge­meen­skaps­dae te hou.”

Hy stel spe­si­a­le skoon­maak­ak­sies en an­der diens­le­we­rings­pro­jek­te voor.

’n Groot pro­bleem is dat baie le­de van die ANC en sy al­li­an­sie­ven­no­te van die ANC weg­ge­breek het “om­dat hul­le die ANC nie meer as hul lei­er er­vaar nie”.

Hy het die so­wat 700 af­ge­vaar­dig­des daar­aan her­in­ner dat “ons ein­de van­jaar par­ty­lei­ers Syl­via Lu­cas, pre­mier van die Noor­dKaap, en adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa ge­sels met Ken­ny M­moi­e­mang op die ANC se Noord­Kaap­se kon­gres gis­ter in Co­les­berg. moet kies in wie ons men­se ver­troue kan hê om hul­le te lei”.

Die ANC moet die men­se ver­e­nig en fak­sie­vor­ming, kor­rup­sie en ar­ro­gan­sie moet ver­dwyn.

Ra­map­ho­sa het ’n plei­dooi ge­le­wer dat ANC-le­de hul me­de­le­de nie in die o­pen­baar uit­jou nie.

Die ANC is 105 jaar ge­le­de in ’n kerk­skool in Bloem­fon­tein ge­stig en van sy pro­mi­nent­ste stig­ter­le­de was gees­te­li­kes.

“Ons be­we­ging het men­se van al­le ge­lo­we ver­wel­kom en die beeld van die kerk was nou ver­weef bin­ne die i­den­ti­teit van die ANC.

“Die ANC is van­dag ’n breë kerk om­dat dit ’n groot ver­skei­den­heid van men­se by­een­bring in na­stre­wing van die doel­wit­te van die na­si­o­na­le de­mo­kra­tie­se re­vo­lu­sie.”

Wan­neer de­bat ge­voer word oor hoe be­ter diens­te aan die men­se ge­le­wer kan word, moet daar vol­gens Ra­map­ho­sa aan die be­we­ging as ’n kerk ge­dink word.

“Dit is ’n kerk wat deur groot mans en vroue ge­bou is waar­in ons men­se be­sker­ming, ver­troos­ting, ge­rief, sterk­te en hoop in tye van die groot­ste ly­ding en vrees ge­kry het.

“Dit het nog al­tyd vir de­mo­kra­sie, ge­reg­tig­heid en ge­lyk­heid ge­staan.”

Ra­map­ho­sa sê die ANC is die kerk van hoop, ge­loof, so­li­da­ri­teit en een­heid.

“Maar in Co­les­berg moet ons van­dag er­ken dat die groot kerk, wat baie storms deur­staan het, die ge­vaar loop om te dis­in­te­greer.

“Waar ons eens ver­e­nig was, moet ons nou er­ken dat ons ver­deeld is, ter­wyl self­loos­heid plek ge­maak het vir ei­e­be­lang.”

Fo­to: PIETER JAARTS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.