Sa­ke­lui kan SA in kri­sis help, sê A­gri SA­hoof

Beeld - - NUUS - Eu­ge­ne Gun­ning

In plaas daar­van om na men­se se be­lan­ge in Suid-A­fri­ka om te sien, word po­li­tiek ge­speel, sê Chris­to van der R­hee­de, uit­voe­ren­de ad­junk­hoof van A­gri SA.

Suid-A­fri­ka ver­keer in ’n ge­wel­di­ge kri­sis, ver­naam wat kos be­tref, het hy gis­ter in ’n toe­spraak aan die Ge­or­ge-sa­ke­ka­mer ge­waar­sku.

Net soos in ver­skeie an­der A­fri­ka­lan­de is hier ook men­se in Suid-A­fri­ka wat hon­ger ly, sê hy.

In die Wes-Kaap ly 30% van die be­vol­king hon­ger en in die Oos-Kaap 33%. In die ge­heel ge­sien gaan slaap so­wat 14 mil­joen men­se el­ke aand hon­ger. Dit kan tot erns­ti­ge pro­ble­me lei.

Hy be­na­druk dat dit nie re­ge­rings is wat kos aan men­se kan ver­skaf nie.

Men­se wat hon­ger is, gaan op stroop­tog­te en soek kos.

Boon­op ver­er­ger die fis­ka­le kri­sis by die dag.

’n Ont­le­ding van die staats­be­gro­ting wys dat by­na R900 mil­jard aan maat­skap­li­ke diens­te be­stee word. Daar is ’n nei­ging dat Suid-A­fri­ka ’n wel­syn­staat eer­der as wel­vaart­skep­pen­de staat word, sê Van der R­hee­de.

Baie geld word aan maat­skap­li­ke diens­te be­stee en min aan land­bou. Die geld wat vir land­bou ge­oor­merk word, word wan­be­stee.

Vol­gens Van der R­hee­de kan die re­ge­ring nie met voed­sel­se­ker­heid ver­trou word nie. Hy sê dit is ’n feit dat die re­ge­ring ná 1994 sy hulp aan kom­mer­si­ë­le boe­re ont­trek het.

Daar­en­teen is boe­re in die Eu­ro­pe­se U­nie in ’n be­ter po­si­sie deur­dat hul­le hulp van dié or­ga­ni­sa­sie ont­vang.

Van der R­hee­de sê daar moet ge­kyk word hoe meer hulp ver­leen kan word aan swart en bruin boe­re wat erns­tig oor land­bou is.

Hy wys op die voor­de­le van land­bou, waar­on­der werk­skep­ping en ’n ver­dien­ste uit bui­te­land­se va­lu­ta.

As Suid-A­fri­ka val, dan sal lan­de soos Zim­bab­we en Mo­sam­biek in gro­ter moei­lik­heid wees.

Van der R­hee­de doen ’n be­roep op die sa­ke­ge­meen­skap om te help en saam te werk. Die e­nig­ste op­los­sing is nie po­li­tiek nie, maar die sa­ke­ge­meen­skap, sê hy.

He­len Zil­le

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.