Zil­le het 21 dae om op MRK­klag­te te re­a­geer

Beeld - - NUUS - May­ge­ne de Wee

He­len Zil­le, Wes-Kaap­se pre­mier het 21 dae waar­in sy re­des kan aan­voer oor hoe­kom twiets waar­in sy ko­lo­ni­a­lis­me loof nie deur die Men­se­reg­te­kom­mis­sie (MRK) on­der­soek moet word nie.

Adv. An­dré Gaum, WesKaap­se voor­sit­ter van die MRK, sê die do­ku­men­te ra­ken­de die on­der­soek sou gis­ter aan haar be­te­ken word.

Gaum sê die MRK het vyf klag­te ont­vang waar­van drie met haat­spraak ver­band hou. Die MRK gaan wel nie haat­spraak on­der­soek nie om­dat die twiets nie ge­weld aan­ge­hits of men­se pro­beer aan­hits om an­der leed aan te doen nie.

Twee klag­te wat met die po­ten­si­ë­le sken­ding van mens­waar­dig­heid te doen het, gaan wel on­der­soek word, sê Gaum.

Na­dat die do­ku­men­te aan Zil­le be­te­ken is, sal sy 21 dae hê om op die klag­te te re­a­geer. Sy sal dan die ge­leent­heid hê om haar kant van die saak oor die twiets te stel.

’n T­wit­ter-storm het op 15 Maart om Zil­le se kop los­ge­bars na­dat sy ge­twiet het Suid-A­fri­ka kan baie leer by Sin­ga­poer, wat nes Suid-A­fri­ka on­der ko­lo­ni­a­le be­wind ge­staan het.

Sy het ook ge­twiet dat Sin­ga­poer, wat geen na­tuur­li­ke hulp­bron­ne het nie, 50 jaar ge­le­de ar­mer as die mees­te A­fri­ka­lan­de was en nou voor­uit­stre­wend is.

Zil­le het gis­ter ge­sê sy het nog niks van die MRK ge­hoor nie.

Sy sê sy is “ou­kei” met die on­der­soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.